Onreg kweek verset
wanneer onreg grou flets en saad skiet in brak grond deurskemer bitter belet verwronge denke tot duister verset sonskynspatsels vervaag vars onthou en weeklaag rou die siel se bitter lot met opstand in eensame berou ©Driekie Grobler
damocles – kultuur
die kind draal leepoog huistoe daar is niks vir hom by die huis ouers en boeties kom eers laat middag alleen met net bediende tuis kry hy koffie of tee met brood skraps botter en smeersel konfyt soms net ‘n droë korsie wat oorbly na bediende en tuinjong gehad het saans wanneer ouers tuis kom […]
Gaan die kaap ‘n moordvlakte oorleef?
Die Kaap se vlakte is ‘n broei plek vir hartseer en pyn en die lyding vir die mense wat daar woon is vir meeste mense maar ‘n suur na smaak in hul mond. Maar dit is alhoewel ‘n kind van segregasie ‘n weggooi kind en die karakter van ‘n weggooi kind sal altyd maar in […]
Vuurmonster van die nag
te lank die smaak van smaad wat ‘n agtergeblewe lewe in die mond laat saam word daar vannag gepraat 3 hurkende skaduwees hou beraad oor ‘n knetterende donker daad ‘n duister daad wat hard sal praat ruik en voel die blinde haat wat bars deur wonde se dun naat proe die haat van verraad haat […]
Liefde vs Geld
Volkome het ek vir jou gelewe My liefde het bankvas gestaan Met oë bottoe na jou geslaan het ek jóú bo God verhewe. My verstand het my begewe – jy was die kern van my bestaan; vóór jou liefde vir my sou taan was jou geluk boweal my strewe. Maar gou was ek tot insig […]
Pandora Box
Pandoras Box (Flentertjies) Amanda is nie lus vir die plek vanaand nie. Klein Nellie is juis so siek en nou het sy nie keuse gehad om haar by ou tannie San te los nie. Ag Here kon my lewe nie anders gewees het nie? Tan San dink sy werk by ‘n bar as ‘n barlady. […]
Die rooi dag
Die rooi dag Broer Witboy staan op die boonste trappie en hou die broers en susters met ʼn valk oog dop. Dis nie ʼn gesonde ding wat nou in Pastoor Johan se gemeente aan die gang is nie. Sy een hand in sy netjiese grys pak se broek sak gedruk. Met ongeduld krap hy sy […]
Opregtheid
Niks is meer soos gister nie dink ek; met die malligheid van my eie saligheid voor ek ontsnap na ‘n ongekende ewigheid gee my dan eerder terug aan alles wat ek gehad het voor jý my pad kom teer het met liedjies en lagstories oor jou onverklaarbare liefde wat Suidoosters kon opruk of ligtorings leeg […]
Skaduwees van gister deur Lynelle Clark
Hoeveel keer moet ‘n mens wegkruip? Hoeveel keer jou kop laat sak in skaamte, die skouers optrek in ‘n radelose weet-nie gebaar? Hoeveel keer gaan die skaduwees jou rondjaag en in ‘n hoek vaskeer? Ons verlede gooi skaduwees, maak nie saak watter oorwinnings of deurbrake ons beleef het nie. Dit is hierdie skaduwees wat ons […]
Stem in die Woestyn
Ek kan met eerlikheid sê dat ek goeie jare geken het. ‘n Oase waarin ek versorg, beskut en genoeg gehad het. Hierdie tydperk het my baie geleer van myself. Maar dit was ook ‘n tydperk van agteroor sit en verwag sonder om werklik iets by te dra, afgesien van die grootmaak van my kinders. My […]