Gefabriseer
Kastreer elke sot en suurstofdief wat soos rotte met kinders teel en op straathoeke wegsmyt Hulpeloos haweloos van welstand beroof! G e f a b r i s e e r uit dwaasheid as ‘n las ©Loretta Szikra Nonet digvorm 20190205
Almal staan bakhand
“Hou op stry. Ek gaan ‘n ongeluk maak. Pietie, laat Sannetjie ook die boek deurblaai,” beveel Trudie vies. Sy hoop maar net die Huisgenoot se bladsy is leesbaar as sy later vandag by die huis kom. Die verkeerslig slaan rooi en sy verminder haar spoed. Hou stil. Onder die verkeerslig sit ‘n hopie mens. Sy […]
Binnevlug
Alleen by die huis winter somer eensaam in die donker gange vol vrees wat nagklanke herstil in die donker gange waar alles verdwyn in die donker gange met diknag kloue buite myself (met bloed op my hande en vuiste gebal) stap ek na môre stap ek verby gister stap ek ver weg deur velde vol […]
Hillbrow Blues
Om die hoeke van Hillbrow huil die wind ‘n lee wiegie , ‘n weggooi kind ‘n doolhof van duiwels in walms en rook verslaaf aan die ridders wat nag lank bly spook Jou liggaam verpand en jou arms bly leeg net ‘n koorsige nag in ‘n vuil Hillbrow steeg Jou lewe verwoes vir ‘n penning […]
Oom Huilwa, Ta’ Brieka en die walvis
Ek gaan nou nie so ongeskik wees om te sê Oom Huilwal was lelik nie. Ek gaan maar net sê sy gesig was onnetjies. Dit het half gevoel of al die parte op sy gesig nie mooi gesit het waar hulle moes sit nie. Ek kan ook nie veel meer sê van Ta’ Brieka nie. […]
Die Groot Aptyt
Petrus Enkelblade en sy vrou Sarie, het die Bybel heel mis verstaan. Hulle het nie voort gegaan en vermeerder nie, nee, hulle het voort gegaan en vervuil. Die stadsraad het later twee huise langs mekaar vir Petrus Enkelblade gegee om al die Enkelbladejies te huisves. Toe Petrus, kort na die geboorte van nommer agtien by […]
Chucky herleef in 2019
Vandag, vir die eerste keer in my ganse lewe, was ek bang vir ʼn kind. Daardie verlammende vrees wat so stadig oor mens kruip tot jou spiere heeltemal lam word. My bloed het yskoud en dik in my are gevloei en hoendervleis het van my bene al boontoe gekruip. Of dit sy houding, gesigsuitdrukking of […]
Môre se pad
As ek my môres kon mooimaak in nou se hart sou ek eers wag tot ons dryfsand stilraak in die uurglas; sodat ek net een heel korrel van daardie aand kan verewig voordat jou halfsirkels my toegroei en ek vergete in jou verlorenheid val ek sou tyd nie toelaat om leeg te loop oor my […]
Korrels
Die oppervlak van hierdie uur het binne haar oopgebars en alles wat in haar rondgedryf het, het na buite gespoel haar lag, haar leed, haar liefde, sewe trane en ‘n halwe hart (jy was ook daar) met koue vingers het sy die flenters op ‘n hoop geskraap een-vir-een die skerwe deur die sandglas se mond […]
Eet ‘n hoenner
Soos dit ‘n Maandag-oggend betaam, is daar toe nou ‘n moerse f-op, op die N1 voor die Atterbury-afrit, een van die besigste interseksies in die land. Nou gewoonlik sal mense alternatiewe roetes kies om die ongeluk te vermy, maar vandag sien ek ‘n weird patroon – dis asof die verkeer in die rigting van die […]