Oestyd na droogte (goud)
Het ek my verbeel of het jou kruiphand my middel omsingel — jy my lyf lankenlangs nader getrek tot duskant jou horisongrens diep verby jou ongetemde binnewand het ek my verbeel of het jou woorde te swaar geraak tussen die veldblomme wat jy in hierdie ontspoorde oestyd so gereeld in my vlegsel druk terwyl ek […]
Die Groot honger
Nog ‘n dag. Soos gister en die dag voor dit, is dit die honger waarvan ek eerste bewus word. Altyd honger. Daar is nooit iets anders nie. Die gevoel van die onbevredigde behoefte in my maag. Hulle sê die oorlog is verby en Hitler is dood. Maar die oorlog gaan vir jare nog aanhou. Dalk […]
GEESTESVERSTEURING EN ONREGVERDIGHEID GEDURENDE INPERKING
GEESTESVERSTEURING EN ONREGVERDIGHEID GEDURENDE INPERKING Gebeurtenisse wat lei tot nuutskeppings (Brons) Met die grendelstaat wat plaasvind en werkloosheid vir baie word daar orals dieper gedelwe in die menswees en psige na ‘n nuwe normaal. Hanlie Wessels, 54 jaar oud, beleef eerstehands die druk en impak – van onregverdigheid in die werksplek, van die inperking, van […]
METAMORFLOOS (goud)
môre stap ons weer oor ‘n onbekende pad saam met bekende vreemdelinge verby ongedefinieerde oomblike deur ‘n woud vol sekelbos en doring takke en luister na ongehoorde klanke saam met jakkals, klip en ander nomadiese nommers en probeer meerdimensioneel wees in die illusie van ons bestaan asof ons grense met gemak kon gister asof ek […]
Binnedisse
sag sluip dit deur jou are jaar na jaar dieselfde bloed in dieselfde mense met ‘n hartklop, ‘n asem en duisende drentelente gedagtes buite buig almal al te graag saam jy verduidelik hoekom dieselfde mens nou so anders lyk maar jou hart ruk nog ‘n binne-ding uit ‘n lyk en ‘n paar skerwe jy staar […]
Formidabele vrou
Diep in die donker nag met draai van uurglas hingel my gedagtes in huiwerende trag oor grense en gebeure wat deurskif uit geheue. Moeders in hierdie tyd wat verskeie skoene volstaan met (on)sekerheid in raakvat-hande wankellose tred dapper ankerstaan om in voorste linies te veg vir selfbehoud en eie reg. Waarheid lê verskuil in worsteloë […]
Onman
My Vaderlandsgrond het modder aan ‘n strooilat geword – soveel toutrek en stry oor baaswees en besitreg het ontaard in ‘n woesterny. Die hand wat met liefde saai word genadeloos, berekend afgemaai – die voedingshand wat swoeg van vroeg tot laat vertrap in vergeldingsmaad. My mond word gesnoer stom en verbaas al skree my wese […]
Verpletter
motor wrakke lê lepel en bo-op mekaar langs main weg almal plus minus uitmekaar. tussen roes vlek staal deur splitter glas agter dowwe plastiek gluur boepens hiëna gulsig na aasvoel kliente. agter vrot bekleedings die armes verpletterd langs mekaar met niks tog trippel hul saam.
Ouma en Blik Bettie
Ek het doodonskuldig my ma vertel van die fliek, Christine, wat ek die vorige aand gekyk het, toe Ouma uit die kombuis gestoom kom en my ‘n klap teen die oor gee. Nou as Ouma jou aan die kant van jou kop bykom en jy sien dit nie kom nie, dan hóór jy eers die […]