DIE DAGGA EN DIE DWELM KULTUUR IN SUID AFRIKA
(Hierdie is my eie ondervinding van ‘n Suid Afrikaanse dwelm kultuur waarvan ek deel was vir ongeveer 35 jaar, hierdie is ‘n uitreksel uit my biografie REDE OM TE GLO) DIE DAGGA EN DWELM KULTUUR IN SUID AFRIKA Vanaf die sestiger jare tot in die laat sewentigs het die dagga en dwelm wette swaarder geword […]
God se stem
(goud) Ek is nie die applikant in die skrywe nie ook nie die regter nie maar as ek so om my kyk sien ek ‘n toekomslose môre een vol dongas en dae sonder name een soos vandag wanneer ek sielstil wens dat ek God se stem net vir ‘n uur kon leen om alles om […]
Ontsnapping
(goud) Ek lê in my armbuurt saam met ryk mense en ek hoor hoe baldadig hulle in oorvloed lag en rondval dronk gesuip aan hul eie ego’s al wat ek wil doen is op die rug van ‘n wilde perd spring ‒ verkieslik ‘n bloue met reënboog vlerke en hierdie plek van lyding agter my […]
Anderkant die Spoorlyn
Anderkant die spoorlyn lê ‘n blootsiel in die as, kognitief verslete in ‘n vaalbruin tonteljas. As ‘n roeper vir die vryman (uit dié se eie regterstoel, sê maar, sy selfbenoemde amp) is sy doel gedien ter aarde, in die flikkerende ligsein, van die kondukteur se lamp. Nuutskeppings # Blootsiel – ‘n mens wat meer as […]
Kokosi Huisie
in die vaal wit winter wind staan ‘n stof kind. brand siek hoenders skarrel om môre twintig te voed. agter koue sink nog ‘n kind wat net dit verstaan.
Vreemde Klere
loop met groen skool baaitjie met die goue mahem wat wit alleen pronk. oor jou skraal skouers die vuil voering wat koud skuur teen die Vrystaat vel. pad langs sleep sy in dun springbok trui ń vaal honger kind die toekoms in.
Township Engele
kaal nek hoeder ma pik pik net stof kuikens kry krummels in dié spens. vere waai van maar skelet in agter jaart slagpale om iets aan leë kind te bied. ma gelaai met baba snotneus om maer bene hen vroeg môre rond om krummels te vind. dan helle rit na groot boom jaart tee en […]
Werkloos
Ginekoloë vang ses kinders ’n dag Juffrouens neem hulle gou onder hande Sekuriteitswagte pas hulle op in die nag Tandartse red altyd weer hulle tande Moeë ouers vra terapeute vir raad En skep nuwe moed uit ’n kelner se skinkbord Boere spit om en jaag aan en span draad Trokdrywers sorg dat die opbrengs vervoer […]