VERJAARSDAGGROET 2018
VERJAARSDAGGROET 2018 Dag-ook, alle vriende, bekendes en onbekendes, ek en Dietrich wil julle alles van die beste in ons nuwe jaar wens. Mag julle seën van bo en sukses hier op aarde beleef. ☆ ✲ 🕆 ☽ ☆ Deur goeie Magte getrou en stil omgewe, behoed en getroos so wonderbaar, so wil ek hierdie dae […]
ouma vertel
vaalgrys tente modderige voetpaadjies stofstorms voor die reën in tente gebind alleen mammas kinders oumas oupas vermaar en verguis jong vroue verkrag verag nag geluide slepende kettings spore uit te wis om kampdrade huilende siekes hoesende longe murmurerende stemme wat Bybel lees in Hollands roerende gebede vir krygers wat nog in veld verhonger en bittereinder […]
op my vurk
my siel sweef weereens wyd oor golwe van gedagtes noord en suid tussen vure wat brand op paaie swart jil barbare en dans hul dodedans vinnig versprei rookwolke nou trek in misbanke oor duin en see swart met blitse wat kartetsend blink terwyl mense saggies ween en skuil vlugtelinge sonder draad of klere staan verdwaas […]
Gister-gif
Gister-gif “Ek maak my los van wat agter is” is moeilik om te doen, dis gewis “ek strek my uit na wat voorlê” is tog so maklik om te sê Gister-goud word so snel oud word uitgedien, word klater-goud Mooi lyk dit vir dowwe dwase oë wie daaraan glo staan self bedroë Wat ek gister […]
teleurstelling
soos ‘n visserman wat elke dag probeer maar nooit enige vis uittrek wat hy kan eet soos ‘n jagter wat kilometers loop sonder om bok te skiet soos ‘n oupa en ouma wat maande wag sonder om besoek te word soos ‘n beloofde wat dae wag om van haar geliefde te hoor soos ‘n boer […]
Menswaardigheid
grysheid lê sowaar by ouderdom want met die wysheid het die sierlike kroon gekom het dit ons oues van dae wat reg gelewe het bereik silwerwit het hul dit gewys met glimlag sag om die mond en oê wat tevrede bly blink wanneer iemand hul pad kruis gebukkend het hul jou genader party met ‘n […]
Menswaardigheid
Wysheid uit Spreuke Spreuke 16:31 Grysheid lê sowaar by ouderdom want met die wysheid het die sierlike kroon gekom het dit ons oues van dae wat reg gelewe het bereik silwerwit het hul dit gewys met glimlag sag om die mond en oê wat tevrede bly blink wanneer iemand hul pad kruis gebukkend het hul […]
respek
moet verdien word so sê die wat glo weet outydse waardes sê ander vroeër was kinders opgevoed opgevoed met respek vir ouers anglikaners se invloed vermeng norme word gewysig bestuif vreemde stuifmeel gebring nou moet respek verwerf verdien en gekoop word kinders skryf nou voor ouers se sout is laf met milennium is waardes uitgegooi […]
Kurwespieel
Kurwespieël Geluidloos in die gebuigde spieël van lewenshysbak se opstygrit wat voel soos hel na hemelvaart sien ek die duisend gesigte van my Almal nabyver tog tasbaar by staan ek, gryshaarstil my eie gestalte vlietend te betrag met elke vloer se verby liggieflits Die weerkaatsings weerspieël die jarebuig soos vlerke wat oor my gister horisonne […]
okulêr
uit skepel van wind skep ons nuwe asem uit druppel droesem drink ek soos ‘n kind ons lewe raak saai golwe vloei stewig terwyl see – gewrig lenig om ons draai in bakermat gestig wag hy in die hawe tot wind sy seile lig ©Teárlach