Oue Onthuis
die skottels sit wit oog teen droë oumens vel mure. smag na oond warmte in die koue oggend lug. stadig gly gordyn oor verrimpelde gesig, leë vlak koue wateroë.
Liefde in Joslingstraat. (BRONS)
Liefde in Joslingstraat. Liefde speel so ʼn tamaai groot rol in ons lewens. Alhoewel dit ʼn ernstige onderwerp is, kan ek nie anders as om lekker saam te giggel as ek so tong-in-die-kies die verhaaltjie van my ouma vertel nie. Ouma Lilly se huis was groot en wit met ʼn wye rooi politoer- voorstoep. ʼn […]
soos gras (BRONS)
soos gras vanoggend is ek stil verslae vol heimwee my dikke poppie-hond lê hier neffens my voete my beker vol boeretroos stomend in my hand my orgideë kyk vir my waar ek stil sit en kyk oor groen gras en geel veldgrasse die trane maak spoortjies oor my wange ek sit en dink in die […]
Binnedisse
sag sluip dit deur jou are jaar na jaar dieselfde bloed in dieselfde mense met ‘n hartklop, ‘n asem en duisende drentelente gedagtes buite buig almal al te graag saam jy verduidelik hoekom dieselfde mens nou so anders lyk maar jou hart ruk nog ‘n binne-ding uit ‘n lyk en ‘n paar skerwe jy staar […]
Tannie Tokkie Toeter en die lykswa
Tannie Tokkie Toeter was ‘n baanbreker. Dalk nou nie ‘n baanbreker soos Marie Curie of Katherine Johnson nie, maar op Philippolis is die verwagtinge darem ook maar anders as in die stad. Nee, tannie Tokkie Toeter het genoeg geld gehad om altyd die nuutste en beste van enige iets te hê. Sy was byvoorbeeld die […]
Doef-doef trokkie(silwer Limeriek)
Oom Faan van Niemandsfontein, met sy eenton-trokkie kom hy verby met ‘n doef-doef daf- en ry hy die hele dorp plat net om vir arme tant Stienie te verpes! ©Morné du Preez
Die ou man se winter
Ek het gevoel soos ‘n haas in ‘n aankomende stel kopligte. Verlammende skok. Jeanie was weg. Ek het uit die ou leunstoel gebeur; geswets omdat my ou beendere so gesukkel het om saam te werk. Toe ek orent is, kies ek dadelik koers kombuis toe. Jeanie se plek. Daar waar sy haar dae vertoef het […]
Stof Liefde
warm in stof staan ń tannie alleen by nommer twee. verlore die vraag vir lafenis kafee, antwoord net te laat het sy gewag hy is na ń ander straat. sy strompel mompel sag aanvaar die nat soene want julle is goed bymekaar.