Die vrou by die hek.
Soms kan ek ons net ons lewe waardeer wanneer ons met realiteit gekonfronteer word. Engela moes dit leer deur Riekie se oë. 'n Storie van diepe dankbaarheid te midde van die swaar.
Vel
organe, spiere senuwese bloed, maagsap en al die ander lê staan, sit in vel vasgevang. vel met skeete, vlekke sere, verrimpel, verskroei in vele kleure. vel strepe, repe rimpels stadig geskilder is ons paaie van uitgegrawe waarde. vel klinies gerek tot plastiek om so ń lewe te verdof in ongelooflike logika.
miskien more (Brons)
die stille bestek van ‘n oumenslyf vroeg reeds sit gemaak by ‘n venster met ‘n uitsig op die hek die skuif van die dag se skadu’s kogg’lend-weerkaatsend oor ‘n verstilde gesiglandskap ‘n traannat kussing kinderstem-eggo’s ‘n miskien more-versugting… dít is verwagting
to-ten-taal
– agter gehaal lê my duin se sand vertel van gisteraand toe golwe gejaag en kom lê het – agter gelaat lê my hart se punt op die berge van gister toe lewe, lewe was en kom rus het – to-ten-taal is die gevoel van klaarheid oud wees begrip – ©Teárlach
Karoo Vingers
dik vingers verkreukel bruin uitgebraai in son Karoo hard om windpomp. bonkige vingers lê nou seer uit die son Karoo saggies op ń wolkombers.
Die ware boodskap agter Kersfees
“Juffrou … Juffrou!” klein Petro steek opgewonde haar handjie in die lug. “Ja, Petro-lief?” teer raak Santie aan die blonde krulkoppie wat met soveel vertroulike opgewondenheid na haar opkyk. “Ons gaan Kersfees ‘n nuwe bababoetie kry!” kondig sy met kinderlike trots aan. “Hoe weet jy dit?” vra Petrus nuuskierig. “Gaan julle hom Jesus noem?” vra […]
Kersfeesliggies (Silwer)
Kersfeesliggies die foto’s wat ek uitpak verbreed die soet rand van my hart herinnerings se repertoire, feestelik soos kersfeesliggies deur die huis al voel dit soms of lamferbande my arms stomp afbreek die liggies brand tog trots en helder nóóit laat die LIEFDE in die steek dae, maande, jare dit is gebêre en vergader maar […]
Uitgeput (BRONS)
Uitgeput Sy’t gereeld gekom vir haar sknouerpyn: daardie vaag omskrewe plek – nóg skouer, nóg nek. Ek’t getrou gevryf aan haar sknouerpyn en peinsend probeer peil wat presies haar só opkeil. Maar ál wat verdwyn was haar sknouerpyn. Want het beide van ons nie tog maar geweet nie: verlange is geensins ‘n oppervlakkige skeet nie. […]
Die aandlied roep
saggies neurie sy ‘n lied die onthou van gisters so vars wanneer sy tuur deur die venster oor die plaas heen soete gedagtes onthou sy hope van grondboontjie lande koringare so deur vingers geglip waar die stroom water eens was lê nou net n droë paadjie geroes staan hy daar by die dam die ou […]
Ouma Stienie en die lockdownbier (Silwer 490 woorde)
Ouma Stienie se bottel Apostelwyn het ook al bodem gedroog Niemand het voorraad nie. Wie het nou kon dink dat die kluisenaarsbestaan so lank gaan duur. Die drankkabinet het nog nooit so elendig gelyk nie. Dis toe net daar wat die appel en die suurdeeg ‘n besonderse verhouding aanknoop. Ouma Stiene drink nie. Sy social. […]