In my ma se tuin was daar ’n vyeboom
Mamma as ek kon sou ek vandag ’n draai by jou wou maak met melktert en geel blomme en sjokolade na jou smaak ek sou die hekkie na jou tuin oopstoot; die paadjie na jou voordeur loop en aan die riffelruitjies klop ek sou langs jou sit op jou voorhuisbank en later deur jou tuin […]
Kitaar Maats
ons speel snaar musiek in nature trillende harmonie. glimlag oor sessies tussen vloer en muur gesimfonie is ons in klank. snare snap brue knak gebroke kitare huil, óns naal prik druk sal speel in ewigheid.
Onvergeetlik
Onvergeetlik Vers 1: Al vergeet ek my woorde En het ek nie meer volle beheer Oor my doen en late Sal ek steeds hierdie weet Vers 2: Ek sal weet wat liefde is Sal weet waar my hart veilig rus Ek sal weet Aan wie se sy ek behoort Koor: En al maak die jare […]
HET EK MAAR NET (brons)
HET EK MAAR NET (brons) ek wens dat ek toe geweet het wat ek nou wel doen deur al die koffie drink, lag en stories vertel as die gegroet van wysheid van bejaardes my in die gesig kom soen terwyl die ou droë dinge van my huwelik nou soos die van slang vervel ek wens […]
Teenstelling
Versugting Deernis Weet jy wie is ek of het ek opgehou bestaan jy het my dan self verwek al verdwyn my naam in die ouderdomswaan al wat jy nou kan onthou is om weer te vergeet totdat jy uiteindelik nie jou of my naam meer weet alles word uit jou geheue gevee sodat ons albei, […]
Ouma Onthou
Op groen gras in skadu van ń witstinkhout omhels sit ek vergete in familie kring alleen. Johnny, groet ek my gedagtes vêr bestaan liefde in die werkliheid van sit en drink jou tee? Die helderheid verdof Johnny is lank oorlee bly by my gloeiend lewend, nooit vergete ń glimlag in my siel. Hello Jonny …
Skaam
Lewens word versteek in stil oue te huise waar stilte heers midde die geraas van verlore, gewonne werklike, emosionele veldslae. Oompie alleen met drank, probleem. tannie eenkant met donker oë, probleem. altwee agter grense wat nooit sluit ń nodelose grensoorlog? ń geaborteerde kind?
Swanie Tuin
Sy voortuin met groot boom netjies in blom, gras gesny om die bure wat hy haat lief te hê. Sy binnetuin oorgroei groen met wilde gras dak hoë bosse sy wegkruip plek van mense wat bome kap. Sy oerwoud agterplaas met modder bruin swembad ooral donker groen sy eie lewensruim om homself te plesier.
Oumens Raad
In droë veld sit gras gedagtes op verlossing en wag. Mense verwyt ou droë graspolle wat kon ontwaak met bietjie water, met ń kilheid wat verskroei. Bietjie water vloei vrylik uit oumense oë om ń klein natkol te laat.
Tuinbou Limeriek
Oom Hansie is lief vir sy tuin Tant Ralie sê: “Als vir die skyn! Hy loer oor die muur In die namiddag uur Na die mooie Mev. Stienie Steyn!”