My oupa Klaas en my ouma Nettie (brons)
My oupa Klaas is aljimmer aan’t timmer in die agterplaas. My ouma Nettie weetie hoe sy dit met hom hettie. “Hy hamer en hy saag en hy skuur en hy skaaf, maar hy kom net nooit klaar nie; dan praat ons nie eers van hoe hy opgaar nie. “Dan kom hy die huis in met […]
Dag van die beduiwelde eiers
Ouvrou Wippers is toe nou uiteindelik dood. Askies dat ek sê “uiteindelik” maar ek glo die dorpenaars sal ieder en elk saamstem dat “uiteindelik” die regte woord is. Niemand is seker hoe oud sy was nie. Katryn Brilboks, die bibliotekaresse, het navorsing gedoen en die vroegste verwysing wat sy in ‘n ou koerantuitknipsel kon kry, […]
Adriaan Wolf se geite
Adriaan Wolf loer deur die blare na die verrimpelde tannie wat traag by die kothuis se voordeur uitkom. Sy sukkel met die krukke terwyl sy bewerig die voordeur probeer sluit. Adriaan sug. “Om hemelsnaam tannie. Dis nie so moeilik nie!” swets hy binnensmonds. Die massiewe wolf beweeg geluidloos deur die bos, al hoe nader aan […]
SKEMERMENSE
SKEMERMENSE Bymekaarmaak-klik van wol en penne buigend krom oor kieries, versamel soos swaels voor die winter, of net na reën en kry hul koers, tydsaam haasloos Tokke-tokke, skuifel-skuifel elk na sy eie vier-muur nes, eensaam klink ‘n kreun of kug die nag daal skemersag steek viervoet voor die gange vas net af en toe ‘n […]
Ouma se ridder
Ouma se ridder Sanet staan besluiteloos: die sypaadjie wat om die park loop, of die kortpad deur die park? Sy weet haar ma sal glad nie daarvan hou dat sy deur die park loop nie, want soos alle ma’s glo sy dat die park nie veilig is vir ’n meisiekind alleen nie. Maar Sanet is […]
Teedrink by Ouma
Teedrink by Ouma “Rita, jy gaan laat wees vir werk, toe, opstaan!” “Dis my afdag, Ma,” kreun haar slaapstem. Rita kruip dieper onder die duvet in. “O gaaf, dan kan jy by jou ouma ’n draai gaan maak. Ek moes vir haar medisyne neem, maar ek is seker sy sal bly wees om haar enigste […]
waar was jy
Waar was jy mamma, toe ek my eerste tree moes gee toe ek onseker skaam die skool se stoep betree? Waar was jy mamma, toe my voetjies sag soos vlindervlerk Oor die dansvloer mozartritme gly my oë soekend in die skare na ‘n afwesige jy. Waar was jy mamma toe ek in pure onskuld my […]
Dampraatjies
“Wag, ek moet julle díé vertel.” groet Hettie Welgemoed haar kletsvrinne. Sy is skoon uitasem van die vinnig stap na die bankie onder die wilgerboom by die eendedam. Dis Saterdag-agtermiddag, en die kletsvrinne kom oudergewoonte bymekaar om nuus uit te ruil oor ʼn glasie wyn of iets. Hulle kuier wel heeldag en aldag oor en […]
Huisskoonmaak
Die huis is stil. Ek skink my eerste koppie koffie, gaan sit op die stoep en luister na die voëlgeroep en probeer die voëls identifiseer. Ek ken nie al die name nie want die voëlboek help niks as mens nie die geveerde vriendjies kan sien nie. Die bosse is dig hier by die see, dis […]