Donkerpad se Lig
Spore van die tyd loop kruis-dwars oor die sonbruin huid in ‘n silwer hare-raam oë skreef vanself uit ou gewoonte as die kop wegdraai na die sonkant toe maar die sien is weg lang jare al, nou kyk hy net na binne nog die windhonde van ou onthou jag dan haar beeld weer op as […]
30 Skakerings van Grys
30 Skakerings van Grys Die waarheid is seker dat elkeen iewers in sy lewe begin besef dat hy nie vir ewig kan aanhou om leuens op te dis nie. Die ding is, hoe langer dit aanhou, hoe minder word hierdie stories in elk geval geglo, tog aanvaar ons dit so maklik en soms word dit […]
Hand aan hand
Voor jou pad té nou raak mag ek maar entweg saam met jou te stap om jou hand styf vas te hou tot by die laaste groot boom tussen die hemel en jou hel want my kop is nog vars en vroegsomer lê saam met jou kaalgestroopte laatnag woorde sekeldiep teen die horison van my […]
Daar’s ‘n Ou Man wat Huil
Daar’s ‘n ou man wat huil in die park op ‘n bankie as die kinders baljaar in die vroe-môreson, en die pa’s en die ma’s met bont piekniekmandjies wat kyk en wat lag hulle aan kinders verstom, en die ou man wat huil in die park op die bankie kyk terug op sy pad maar […]
Mag Ek Jou Vra?
Mag ek jou vra hoe lief jy vir my is? Wanneer die swart verdwyn en al wat oorbly is die silwer op my hoof en as my kragte my verlaat om als vir jou te doen soos wat ek so graag wil, en as die dag dalk kom waar selfs jou lieflike gelaat vir my […]
Die Storie Van Ons Liefde
Kom luister na die wysie van my hart as dit in harmonie met joune saamklop en ons drome in die kaggelvuur sien dans terwyl die duister om ons huiwer En die lag diep in jou oë weerklank vind Dan sing ons sonder klanke En ons dans in gees tesame Tot die môre ons kom wakkermaak […]
Nog ‘n krans vir Ouma
Ouma lê iewers gekis in Noordoos-Karoo in ‘n nuwe kerkhof wat teen die dorpsrand is die begrafplaas in die dorp, waar my oums se babatjie by engelvoetjies rus, is lank gelede vol van al ons dorp se voriges, en aan die berg se soom is stofgedagtenis van mense en die lewe wat háár geskiedenis is […]
Die Stoepsitters
Die stoepsitters, deur Stephan Uys Oupa en Ouma (van Pa se kant af) het elke dag teen laatmiddag op hulle stoep gaan sit. Dit was dan Oupa se tyd om bietjie stoom af te blaas. As kind het ek altyd gewonder wat was eerste: Oupa se poep, of daardie bekende kinderrympie oor Oupa en Ouma […]
Die Boontjiesop geskenk
As daar nou ‘n substans op hierdie pragtige blou planeet is wat met meer humor bespreek word as Boontjiesop wil ek dit graag hoor. Dit word nie verniet in sekere kulture beskryf as musikale bone nie. Die stapelvoedsel van menige Afrikaner gesin en die bekostigbare proteïenryke aanvulling vir die gemiddelde siel wat nie finansieel sterk […]