Bitter wind
Die ellende van dementia laat jou woorde beperk die konteks van jou sinne maak gate in jou geheue Tyd is min gepla,selfs onsimpatiek oorblyfsels van jare terug eggo nog net die wind se huil hartseer deur die geroeste wrak En hoe kan ek nou luister na jou verlate fluister deur die lewe uitgewan soos […]
FANUS KOOP KAR
‘n Model T Ford. Mý Model T Ford! As ek net kon slaap, maar die swart Ford spook by my. Sowaar, as môre net eers verby is … “Fanus,” kerm Huipie, “hou op met rondrol! Ek kan g’n slaap as jy so tekere gaan nie.” “Ai vrou, gaan maak tog maar koffie dat ons kan […]
Kaneel-suiker vir die siel
‘n Tydjie gelede hou ek ‘n ouerige dame dop wat skuins voor ons in die vliegtuig sit. Dit lyk asof sy definitief aan die regte kant van die spoorlyn, daar doer op die bult, gebore is. Haar hare is mooi versorg en haar klere is opsigtelik duur. Die juwele lyk ook nie te onaardig nie, […]
val
wanneer golwe druisend injaag strand toe en met donderende slag vooroor val in skuimbolle en spoedwalle water wat uit hardloop op die strand juig elke meeu van plesier ouderdom is nie vir sissies nie, sê almal dis nie die val wat so seer is nie sê ek dit is die opstaan wat so lank neem […]
SIRKELS – Opdrag 5
SIRKELS kale voetjies sirkel spore sirkels rondom my soos jy groot word kring die kringe wyer en wyer vinniger al vinniger te vinnig om net een oomblik stil te staan by my draaie groter elke dag verder warrelend word jy om my ‘n skimme streep ‘n streep wat later heel v e r d w […]
Onreg
Kom haak aan my hart ‘n lanfertak sodat verbloem kan word my diepseer smart. ©Driekie Grobler
Nou weet ek, Ma
Sterstatus: goud Jy knoop my vas, jy bind my los met naelstringwoorde soos suikerbos en kandelaar, Komaggas en Soekmekaar. Jy kweek in my ‘n liefde vir ons taal. Jy hou my teë, jy laat my gaan, jy bly my by. En ek verstaan – die band wat ons gebonde hou strik sag, maar tog ook […]
Sterwende gedagtes
Koud kaal vonkel jou afskeid blik as jy daar bly wanneer ek weer gaan trane en seer van verlede tyd spook by jou soos die beelde verwyd weemoed kom lê in jou koeltes Alzheimer sluk jou gedagtes heel in jy die Ester wat almal onthou n gesalfde van God deur jou pyn verflou Mamma ek […]