van iewers
laas nag se donder en blitse vanoggend se mistige weer vanmiddag se son wat skyn iewers moes alles ontstaan waar koue en hitte vermeng skommel wind en dra dit aan oor lengte en breedte van land word kwaad en goed gestook party word verbruik of negeer ander kry voete en wil regeer iewers word daar […]
Gekoester in God se liefde
Voel God se liefde in leegvoel oomblikke in moeilike tye in hierdie kersfeestyd Nooit sal Sy liefde kraak al probeer die bose magte om dit te breek al probeer die hartseer jou onderkry kan Hy soveel deur jou vermag Gee al die eer aan ons Hemelheer Hy sal jou duisternis met helderheid inkleur
Kersfees begin met Christus
Verflou deur die roesmoes van klanke lê gister se seer in stom woorde en onstoke harte Benoud klou ons verwese aan die korrels vergete die doel waarvoor ons geskep en behou word vergete die mensdom in pyn en smart vasgekeer Mag die vars voetspore van vandag en mŏre jul lei na God se see van […]
Hartswense vir jou
Vir jou wens ek ‘n kerstyd gevul met vrede, vol van lig. ‘n Tyd waarin geloof jou treë op elke toekomspad sal rig. Ek hoop dat inner blydskap in hierdie mooiste feesseisoen vir jou ‘n metgesel sal wees in al jou late en jou doen. Nog ‘n jaar sal haas verby wees – ek wis […]
Ek, die minnebrief
Skryf my op die duurse handgemaakte bladsy sodat jou luukse ink sag en suiwer oor die papier kan gly laat jou verlangetraan sinspeel op die lyne my saggies deursyfer en meer kosbaar maak as die rooiste robyne begin my met soenetroos, beloftes van minnekoos. Met soetelief, hartedief my rondloop gedagtes in ‘n handgeskrewe brief… bedek […]
Die reënboë sing
Weerkaatsings teen die muur vertel ‘n storie van silhoeëtte van die beloftes se uur. Die reënboë sing ballades as jy bereid is om te luister na die fluister van sy serinades. Volg die glimmer van dagbreek oor die horison se vlaktes heen waar die fyngoud skatte versteek. Die reënboë sing ballades as jy bereid is […]
saluut vir ‘n vegter
stadig kom ruiter deur bosse stewige trippel-draf wit hings maanhare waai lewend gespits effense runnik-proes teen gewig versigtig oor klippe van stroom trap hy en drink neusdiep water stap dan voort met nat stiegriem en stywe toom wat sy kop ophou oorkant begin hy weer draf-gallop viere wakker hoogtrap pas versnel ruiter hang half skeef […]
stilte
ons moet kan stil word êrens tussen gedagtes duisende gedagtes mallemeule van dialoog oor bekommernisse soos geld, kinders, besluite en werk almal smag na sielerus wat verkry kan word uit oomblikke van stil-wees perspektief kry orde herstel soos ‘n blom in stilte oopgaan en dagbreek in stilte – soos chopin vertel het: “Die note op […]
Stil kelders van my binne
Stil kelders van my binne As son se snikhete sou stilsnik oor ons wêreldwingerd lugblou yl na veregrys en my oë ophou sien sal ek steeds jou nabybrand op my lyf aanvoel die bloukyk van jou glimlagoë se soet in my hartkamer proe en sien hoe jou mond lag wanneer jou stem weergalm deur gedagtekelders […]