My mooiste uur
My geheime stil gepulp in stof en grond seningrige vingers wat verwurg duisternis wat my verswelg stap vir stap vir stap nader aan vergetelheid Sê vir my, my siel, is dit die dood ? onheil wat voortslepend my siel verteer skimme van hoë gestaltes dans skadus van vuurlig teen my bo-kamer muur wie kan ooit […]
Vaarwel
Mistieke skoonheid waar ingebergde valleie sing van ebbehout in die bos daar het ek my sensuele woorde versteek sakkarienreuk van my ontwerpe watervalle in my siel borrellende fonteine wat stortings van ‘n blinkmaan naboots verskuil agter verre bergsilhouëtte ons stryd ‘n passievolle dans ineenvlegting… antieke houding tot die berge glimlaggend van heinde en verre, ons […]
My hartseerste uur
Dood lê jou lewende siel ver-persoon die flenters van my hart skielik en skerp dit vlek die tien gebooie skrikswart skaduwee my kruis vergulde herinneringe skeur deur my die doodsengel het jou kom haal my hartseerste uur droefheid het God my gefaal? ©Marike Erasmus
WHISKY WIEGELIED
Die amber vloeistof Word die skildweer teen die pyn Van ‘n hart wat splinterspat, ‘n Wil om voort te gaan Wat stadig kwyn. Die houvas op die kreupelsiel Versterk met elke nuwe sluk Wat poog om hierdie seer Tot in die newels Van vergetelheid te druk. Die skinker word die sneller Van die alkohol-geweer, Tot […]
Karoo droogte
Blinkblaar wag-‘n-bietjie gryp en vra wanneer kom die troostende reën dan my takke hang moeg reeds in stowwe gelaat en my voete vergaan in dorre Karoo stof gelaat swarthaak se arms strek uit en hy ween waar bly dan die lafenis, U wonderlik reën hul stemme verdof, hul kop sak bewoë neer met kele verdor […]
Ek hou vas, ek Belowe!
Ek wens ek kon jou vashou Ek wens jy was nog hier Ek wens ek kon verstaan hoekom jy weg moes gaan. Ek mis jou soos die blare na reën druppels op hul verlang en die alleenheid in my siel maak my eintlik bang. Daar is hande in die gat die gat diep in my […]
aangenome kinders
geskep uit vlees en bloed rein herskep in die Gees salig is die armes van gees hul behoort aan Koninkryk sonder gesofistikeerde denke sonder te veel boeke kennis sonder ongehoorsaamheid slegs strewe na verlossing kind in gees volwasse in vlees heerlike salige vreeslose lewe alle vrese in Sy hande geplaas alles anders is gejaag na […]
RESENSIE: FRANTZ, die film
FRANTZ, die film „Ek wou vertel hoe leuens en geheimnisse in dramatiese tye soos oorlog mense kan help om te oorleef. Die leuen is ‘n metafoor vir ons behoefte en verlange na versinsel, na uitgedagte stories – en dus ook na films.” – François Ozon Dis 1919, onmiddelik na die eerste wêreldoorlog in Quedlinburg in […]
RESENSIE: Die groot Illusie, die film
Die groot Illusie, die film Is die gevoel bekend? Wanneer ek iets nuuts ontdek, word ek in die volgende tyd meermaals weer daarvan bewus. So, by voorbeeld: Nadat ek ‘n rubriekie Kersfees in Oorlogtyd geskryf het, met ‘n kapittel oor die eerste wêreldoorlog, gaan kyk ek ‘n film wat kort ná dieselfde oorlog (1919) plaasvind […]