Wreed bedrieër’s lewenslied
Die donker skadu van ʼn doodse wrok sluip van diep uit sagte brose hart woord gebore uit die tong se graf verskeur, verbreek, vertrapte siel, verward met sy vlag gedoop in onskuld bloed donder dreun sy haat met nyd nog voort hy wik nie, weeg nie, moor in elke spoor sy hart begraaf in liefdeloos […]
van vas haak
sweef meeu weer vanoggend sy swiepende tog neem hom oor deinende golwe wat strand toe mik sonder enige inspanning lig hy homself oor sproei van wind-perde wat vrolik spring sy eensame vlug raak ‘n wysie in solosang met hier en daar ‘n skerp skreeu geluid so asof hy vas haak en herstel so haak mens […]
Ek sal jou weer vind
Waar oosterkim die see ontmoet sal ék jou keer op keer weer vind My weg deur wriemelwaters woed waar oosterkim die see ontmoet as sonop katvoet-kruip deur awendsgloed om die nag met vars drome te vertint waar oosterkim die see ontmoet sal ek jou keer op keer weer vind * Triolet @Loretta Szikra 9 Nov […]
saluut vir ‘n vegter
stadig kom ruiter deur bosse stewige trippel-draf wit hings maanhare waai lewend gespits effense runnik-proes teen gewig versigtig oor klippe van stroom trap hy en drink neusdiep water stap dan voort met nat stiegriem en stywe toom wat sy kop ophou oorkant begin hy weer draf-gallop viere wakker hoogtrap pas versnel ruiter hang half skeef […]
Laat my gaan.
spinnerak vas jy hou my hier jy klou aan die boks waarin jy my gesit het
Nie gebou vir gate grou
Nie gebou vir gate grou. Ek sien ‘n man wat in sy werksbakkie sit en pap eet, met vaal vleis in ‘n dooie sous. Daar dryf drie stukkies wortel. Die vleis is min, die pap baie. Hy het onder die koelteboom in die doodloopstraat parkeer. Ek blameer hom nie, die son hamer op die teer […]
Vlammehel
Vlammehel Knetter knars knak spitter spat spoeg sesvoet branders kom aangerol niks kan dit stuit O God roep ek in my benoudheid keer my rug op vlamme groots die wonder golwe van vernietiging reg rondom huis verby verhoorder van gebed U het ons lewens gespaar aai Here my hart is in pyn onbekende vrou my […]
okulêr
uit skepel van wind skep ons nuwe asem uit druppel droesem drink ek soos ‘n kind ons lewe raak saai golwe vloei stewig terwyl see – gewrig lenig om ons draai in bakermat gestig wag hy in die hawe tot wind sy seile lig ©Teárlach
Denensie nr 5
Kyk, hier is my hande saamgevou voor my prewelende stem, hoor jy my krete saggies na binne ruk? Voel jy my woorde wat hoendervleis oor die hemelwand hef? Proe jy my trane wat wanglangs drup oor niks; oor jou; oor alles en almal want jy het siels-stil geword en ek hobberend in ‘n hel van […]