onthou
gister se okkerneute lê gekraak in lewensgeute beurend sleurend versteurend met ‘n lag of traan opbeurend die reuk van taai kiekies reukwater en liedjies gee my snuf in die neus as ek dans met my onthoureus onthoustof laat jou soms vies onnodig om daaroor te verknies dan plof trane pêrels oor befaamde nooiens en kêrels […]
Met die hand in die pampoen gevang.
Woordtelling: 349 woorde “Wat nou? Wat het jy aangevang?” “Wie sê ek het iets aangevang, Gert? Mmmm?” Otto neem plaas agter sy lessenaar, vou die dossier voor hom oop en laat sy oë vlugtig oor die inhoud gly. “Man, dit staan duidelik oor jou bakkies geskrywe, in groot hoofletters! So jy kan netsowel daarmee uitkom. […]
sout van die aarde
. kortomdraai se mense was nog altyd inkennig eensaam nie baie mense het die voorreg gehad om vriende daar te wees of te kuier nie maar as iemand in die moeilikheid beland sal jy hulle altyd eerste daar ontmoet reeds bereid en besig om te help eerlike mense – soms hard en reguit eerlik, sonder […]
lig-indrukke
. vyfuur kom son op agtuur trek hy al verwoed water twaalfuur en later begin die wind stoot drie-uur voel dit warmer as ‘n braai-vuur sononder kom eers agtuur vanaand hemelse verf-meester skilder dan Sy doek en ek staan verwonder hoe sonstrale stories vertel van daaglikse verdriet saans se heelmaak en soete rus . ©Teárlach
Tatoos, Tawwe Tienies en Teddiebere Silwer 474 woorde
My teddiebeer. Dit is wat ek my 6 voet 6 reus noem. Koop mos die anderdag vir hom ‘n BMW 1200cc motorfiets. “Midlife crisis”, spot sy dogter uit Engeland en lees hom die leviete voor. Hy swaai sy been oor die rooi sitplek van die motorfiets. “Ek moet ontslae raak van hierdie boep as ek […]
Troebadoer swerwerskind Silwer
my voete rus by Lamberstbaai in die see se salwende sus ek gooi my hare in die wind by Kaapse punt gee my hart vir die Knysna bos dan volg ek die paaidjie al langs die kus tot by St Francis baai waar die golwe teen die rotse klots het my paaidjie weer gedraai my […]
Die ware boodskap agter Kersfees
“Juffrou … Juffrou!” klein Petro steek opgewonde haar handjie in die lug. “Ja, Petro-lief?” teer raak Santie aan die blonde krulkoppie wat met soveel vertroulike opgewondenheid na haar opkyk. “Ons gaan Kersfees ‘n nuwe bababoetie kry!” kondig sy met kinderlike trots aan. “Hoe weet jy dit?” vra Petrus nuuskierig. “Gaan julle hom Jesus noem?” vra […]
hunkering
. in elke man se hart bly daar ‘n hunkering van onvolkomenheid selfs na jare se geluk en saamwees kan dit steeds wees . in elke vroue hart bly daar steeds hunkering na dié volmaakte maat selfs na jare se geluk en saamwees kan dit steeds knaag . in elke mens se hart bly daar […]
Birth-flower kersfees
Op my blouvlamstoof keteltrom die pot vrugtestoompoeding buite op die feestige eikehouttafel staan die gemengde braaigereg rooi krulversierde primula-rose hang op die kersfeesdisselboom en die doedelsakmelodie van ‘n magdom voëlgeluide kondig die kersliggieryke feestyd vrolik aan
Net voor ek gaan
‘n Stuiwer vir die armbeurs en ‘n pond vir die hekman soos drifsels sal ons drif ná lig ná donker. Só waar soos ek leef só waar sal ek sterf my vel met inkgekerf na ‘n naby sterre werf. Hou die pennies vir die pond los die stuiwers in die armbeurs bring my daai laaste […]