Toe Paasfees amper sonder eiers was. (SILWER)
Toe Paasfees amper sonder eiers was. Carter woon saam sy sussie Ava by hulle mamma. Hy het ʼn goue bol krulle en ondeunde groen oë. Wat niemand weet nie is dat Carter ʼn groot geheim het. As sy mamma bedags gaan werk, klim Carter in sy klerekas en wikkel die hout agter in die kas […]
Wie sal my kan red? (goud)
Sal jy my kom haal wanneer ek myself donkerhartig vasbid teen ‘n kruis van pynskroeiende môrevrese terwyl ek sleepvoet stap op my Golgota pad sal jy my in die middernagure kom red wanneer wakkerlê my vaspen teen die slotreël van my laaste droom en ek myself verban na niemandsland of moet ek eerder aan ‘n […]
woordwerke
op die woordbank pluis ek gedagtes uit geduldig gedienstig gedweë om brose kroos te troos gekose vokale vloei op die tong deftig in ‘n diftong of twee sleurend met ‘n lang klank of snikkend jeens die dubbel konsonant die mollige vraag koketteer na haar flambojante uitroep om haar neer te vly tussen aanhaling en rus […]
Asemlose denke
in afwagting se bleek lê die kim asemloos, ongeverf en grou in die skadu’s van die eerstelig (op die sonbraaksels – van oker, oranje en rooi) en wag begin om só nuwe dwarshoutpaaie te soek want gebreekte stiltes het ook ‘n doel splinterglas kan tog ook skitter en skyn en – donker dieptes besit ‘n […]
stories (BRONS)
stories van my eerste onthou is daar stories vertel aan moedersknie kindjie klein Sus en Daan Koeloe en Kiet in die klas Rip-van-Winkel en die Gestewelde kat het hul spore deur my kindwees kom trap moet nie vir Saartjie en Trompie vergeet om terug te kom na die goue draad van stories deur ons dag […]
geliefde
. my beminde hang aan ‘n doringbos haar hare soos bruin stringe pêrels . my geliefde treur soos ‘n treurwilger haar trane soos dou op die gras halms . my beminde vlier soos vlier bosboom haar kleur en geur versprei in die wind . my geliefde vervaag soos mis voor son haar gelaatstrekke erodeer in […]
Skemer Drome
Jy laat my ‘n klipsteen stoep bou een met ‘n tafel en ‘n dubbel bankie onder ‘n groen druiweprieel met gekartelde potplante ‒ hier en daar vol Kalahari kaktusse en bonsai boompies een met ‘n borrelende fontein en die fyn geur van onsterflikheid een wat uitloop op ‘n gryspad tot onder ‘n Jakaranda boom waar […]
Help my!
Help my! Lilly staan voor die houthut, kruis haar arms en vryf koulik oor haar bo-arms. Sy voel baie onrustig oor die erge sneeustorm wat aan die broei is. Sy besluit om eerder terug te keer na die houthut waar sy al vir die afgelope vyf jaar woon. Nie eers die hitte van die vuur […]
Woordmaker (Silwer)
op my werkstafel uitgestal lê vele wroeggende woordskatte subtiel oorweeg en uitgesoek maar heellaas, te lig bevind voorbeelde van diamant, robyn en saffier fyn geslyp, afgerond en blink poleer geklassifiseer as kosbare woordjuwele geïnspireer deur meesters van weleer ek wonder of ek ook beskik oor dáárdie skeppingsvaardigheid om skoonheid en duursaamheid in blywende woordjuwele te […]
Liefde (goud)
Kan ek vir jou skryf met ses en twintig letters ek is lief vir jou. © Februarie 2021 Caren Kearley Kopiereg voorbehou