Pandemie
onverwags soos ‘n monster het dit ons kom bekruip soos ‘n slang in die nag donker adder geslag hangende in die lug waar niemand iets kan sien ver verwyder van mekaar met maskers word ons glimlagte verberg geen glimlag ooit meer te sien donker het die gedagtes geraak terwyl baie hul menswees verloor in ons […]
Afskeid
Diep ingedagte trap ek knarsend oor die bros blaretapyt wat wissel van geel, bruin tot oranje. My oë rustend op talle boomreuse wat kaalgestroop hul takke liggies wieg in die wind. My hart se verlang vind aanklank by die kaalheid, die doodsgevoel van verlies. Net ‘n paar maande gelede was alles nog oortrek in lowergroen, […]
Kringloop Silwer 374 woorde
Hand aan hand stap ons deur die aftree-oord se strate. Die son smelt in herfskleure oor die bruin tëeldakke van die tweelinghuisies. Huis Herfsblaar. Genade, kon hulle nie eerder Huis Lentebloeisel, of Groen Koringaar gebruik nie. Herfsblaar. Vaal, dof en nutteloos. Ek swaai ritmies Lafras se hand. Dat ons twee nou so op die vooraand […]
Oupa
Oupa, jy moes my leer visvang jy moes my daai kettie leer trek en die windbuks oorhaal en my leer van die Blou Bulle se uitstekende rugby vermoë (al stem pappa nie saam nie) want dit is wat oupa’s doen. Oupa ek moes nog sjokolade saam met jou eet en op die strand rooiaas optel […]
Lewensreis (Silwer) 200 woorde
My lewensbootjie het bly stroomaf vaar, al probeer ek my lewe lank juis om stroomop te swem. Met die jare het ek rustiger geraak, die spane verloor waarmee ek my moeg roei om kop bo water te probeer hou. Saam met die vloei begin skommel, my nie meer laat ontstel wanneer versperrings of versnellings my […]
Verlies van Geheue
Verlies van geheue Twee doodsgordyne wat eens oë was en jeug se lewensglans word dowweglas; verstar sielloos, sienloos verby my blik sinstorend in onbegrip verstrik. Verward, verdwaal, het ek haar tog gevind met min onthou (in son se bloedig’ heet met kaak geklemd en hare ongebind, die rug verkrom) my en my naam vergeet! “Kom […]
Kattekwaad (Silver) 399 woorde
‘Waar ‘n rokie trek, brand ‘n vuurtjie,’ het ek as ma ‘letterlik’ sommer vroeg geleer. Terwyl ek my kroos kan hoor lag en stry, was alles veilig en oukei. Ek kon maar net gaan keer voordat hulle mekaar ernstig beseer. Maar … sodra ‘n onheilspellende stilte neerdaal, het die rookseine begin S.O.S. Hoekom onheil altyd […]
My erfenis
“Familie is soos takke aan ‘n boom, almal groei in verskillende rigtings, maar ons wortels bly as een.” Hierdie gepaste gesegde het my oog gevang toe ek op oom Google se inligtingsplasie gaan rondkuier. Daar word nie verniet gesê: “Jy kan jou vriende kies, maar nie jou familie nie.” Ons dna lê vasgewortel in erfgrond, […]
Winter 2004 Vir Chris. SILWER
As die laaste roosblaar saam met die kluitklip op die kis val en ons snikgebed in afskeidsgroet die winterwind omhels, sweef my siel met jou in soet herrinnering mee. Kindwees dae, soetperskes, appel en turksvy, in die laning met die blourëenblom… ons voetspore, net ek en jy. Elke plofgeluid: die harde werklikheid, die naelstring van […]
Lewensvreugde (Silwer)
Lewensvreugde kan gekoppel word aan baie dinge in die lewe – soos daardie eerste aromatiese koppie koffie in die oggend; daardie smelt-op-die-tong sjokolade wat jy op spesiale dae kry; daardie onverwagse drukkie van jou man of kinders wat sê: “Ek’s lief vir jou!”; daardie genotvolle uit-die-maag saamlag oor jou kleinkinders se manewales. Maar vandag wil […]