Grys Water
emosies borrel grys water vanuit onder in die siel padlangs saam bagasie van pla kronkel tot by die oë bars deur as gebreekte druppels waar dit vrygelaat word in die ewigheid van menswees in ©Sonja Peacock – 2017
vyf uit vyf
van ver uit die noorde kom stemme aangewaai waai tot in die verre suide gesprekke oor eensaamheid soms nood wat dringend druk bereid om ekstra myl te loop elkeen met sy eie behoefte maar omgee-mense diensbare mense hulpgewende mense ©Teárlach
Ek wou net …
Ek wou net happy wees my mooi aan ‘n waslyn hang wat in die wind wapper Ek wou liewer vertoef onder die euphoria van ‘n wit watte wolkhemel wat positive thinking my bring. Ek wou tienduisend keer Norman Vincent Peale se The Power of Positive Thinking resiteer tot in my finale uur. Ek wou ook […]
Dáái nag
ons het mekaar gevind in die na-nag se ure vol sigaretrook walms en onopsigtelike snye en die uur dáái uur het n self-proclaimed victory oor ons alleenloper status geword jy het my vet gevoer met welriekende woorde en jou swart hond vir my verskans Later … later sou ek hom herken tussen jou gevalle woorde […]
respek
moet verdien word so sê die wat glo weet outydse waardes sê ander vroeër was kinders opgevoed opgevoed met respek vir ouers anglikaners se invloed vermeng norme word gewysig bestuif vreemde stuifmeel gebring nou moet respek verwerf verdien en gekoop word kinders skryf nou voor ouers se sout is laf met milennium is waardes uitgegooi […]
Murasies
in die leë ruimtes van murasies – eens herehuise of halfwegstasies – eggo stom die krete van vergete stories teen naak gestroopte mure wat is dit van ou murasies wat so bekoor waar ek myself in stories kan verloor eens herehuise met kristal, satyn en porselein gevul met lewe, lag en samesyn nou slegs geraamtes […]
aangenome kinders
geskep uit vlees en bloed rein herskep in die Gees salig is die armes van gees hul behoort aan Koninkryk sonder gesofistikeerde denke sonder te veel boeke kennis sonder ongehoorsaamheid slegs strewe na verlossing kind in gees volwasse in vlees heerlike salige vreeslose lewe alle vrese in Sy hande geplaas alles anders is gejaag na […]
see-toe
ek droom van duine waarop ek staan van digbegroeide bosse langs die see rankplante en droë kreupelhout steë waardeur ek golwe kan sien vergaan van kronkelende paadjies en bos waar kinders kan stap en verken voëls en kekkelende patrys-hen vanaand se geurige saam-eet kos my hart staan stil van eerste blik wanneer ek op ‘n […]
daglig
met eerste-lig was hul altyd waaksaam wanneer sonstrale oor bome begin skyn paraat het elkeen daar gelê en oordink gedagtes terwyl oë na beweging soek laat duister nooit Sy Lig in jou verdoof jou lig altyd skyn in parate bewustheid altyd gereed vir alles wat na skadus lyk al is jou lewe smartlik en treurig […]