van iewers
laas nag se donder en blitse vanoggend se mistige weer vanmiddag se son wat skyn iewers moes alles ontstaan waar koue en hitte vermeng skommel wind en dra dit aan oor lengte en breedte van land word kwaad en goed gestook party word verbruik of negeer ander kry voete en wil regeer iewers word daar […]
aand gebed
mag hemelse Vader ons hoor laat golwe van die dag jou omvou jou hart en siel tot vrede en liefde bring deur ongestoorde en veilige nagrus die winde van nag jou saggies sus naguile se roep jou onrus troos jakkals se tjank jou nie strem veraf dreun van onweer jou gebed is verhoor elke onreg-pleër […]
van vas haak
sweef meeu weer vanoggend sy swiepende tog neem hom oor deinende golwe wat strand toe mik sonder enige inspanning lig hy homself oor sproei van wind-perde wat vrolik spring sy eensame vlug raak ‘n wysie in solosang met hier en daar ‘n skerp skreeu geluid so asof hy vas haak en herstel so haak mens […]
NAWEEK: Teenstand
Teenstand Dis seker al eeuelank dat mense van oraloor na Duitsland kom en hulle hier neerlaat — om te werk, om te bly, om hul kinders ‘n beter kans in die lewe te gee – uit watokal vir redes. So het baie van ons bure Slawiese name. Nie net die vlugtelinge en „Heimkehrer” (treugkerendes) na […]
kerstyd hartseer tyd?
wonderlike geluide van golwe seevoëls en kinders wat baljaar vakansietyd begin vroeg vanjaar kinders wat sandkastele dolwe eergister is grysbokkie omgery hy was daar waar hy altyd wei so ook ou skillie se dop plat gery mensdom wat uitbreek en bevry heel jaar se spanning opgebou vind uiting in onnosele vergryp een fout na ander […]
saluut vir ‘n vegter
stadig kom ruiter deur bosse stewige trippel-draf wit hings maanhare waai lewend gespits effense runnik-proes teen gewig versigtig oor klippe van stroom trap hy en drink neusdiep water stap dan voort met nat stiegriem en stywe toom wat sy kop ophou oorkant begin hy weer draf-gallop viere wakker hoogtrap pas versnel ruiter hang half skeef […]
stilte
ons moet kan stil word êrens tussen gedagtes duisende gedagtes mallemeule van dialoog oor bekommernisse soos geld, kinders, besluite en werk almal smag na sielerus wat verkry kan word uit oomblikke van stil-wees perspektief kry orde herstel soos ‘n blom in stilte oopgaan en dagbreek in stilte – soos chopin vertel het: “Die note op […]
‘n droë toon
dodder kleef aan droë fynbos risome drink elke druppel op blaarloses is geil sonder knop diertjies krepeer sonder kos wind is al wat konstant bly wit huise wil krakend steun swart dakke buig en kreun meeue sweef in wind en gly palmbome buig en dreun mense stap en kyk verward palms kan nie verder leun […]
oorwinning
met diep blou see agter hul formidabele drakensberge riviere om oor te oorbrug voor hulle – het hul getrek met diep blou berge agter byna droë riviere voor ons het ons al begin terug trek na vrye lokkende weskus hier aan die voet van berge met voete in goudgeel sand staan ons rug teen die […]