My dagboek oor jou (4)
Alles is grys vandag. Die lug, die wolke, selfs die bome. Grys soos dit in my hart voel. Dis asof ek vanoggend nie een sonkolletjie kry om na te kyk nie. En dan waai die wind ook nog. Die bome is ook glad nie ingenome met die wind nie, want hulle verloor blare. En kort […]
My dagboek oor jou (3) …
Ek was vir ‘n paar dae see toe. Nie ‘n somer-see nie, maar ‘n winter-see. Jy wonder seker wat die verskil is. Is die see dan nie maar net altyd dieselfde nie? Nee, beslis nie. Maar dis ‘n hoofstuk vir ‘n ander keer … die see se verskille. ‘n Somer-see gaan gepaard met vakansie en […]
18 Julie se gee of eerder gee-nie
Dit is nie elke oggend wat ek ’n groot lus vir dieselfde onderwerp op die draadloos ervaar nie. Vandag was weer een van “daai” oggende. Net soos ek dink die aanhoudende verslagdoening oor vryheid van spraak is op ’n einde, dan trek die een of ander verslaggewer los met jan-publiek se terugvoer op wat elkeen […]
,’n Herkoutjie vir bepeinsing
In voordrag van ons lewe is bloot net skyn te lees… Tog, newens traak die wete: Wat God wil moet ons wees!
#WhiteMenMustFall
die donker dolkpunte van hul ideologies pupille sny my keel-af slagofferlam Wit Middeljarige Man : en natuurlik glimlag ek beleefd terug
Een twee drie blok myself
Hoop sonder ophou al is daar geen hoop en glo sonder einde al kan jy nie meer glo. Bo my blok die plafon dat geen gebed deurkom. Onder my lê klippe gesaai wat my laat val en draai. Goed gekondisioneer, gebreinspoel en geleer om te glo, hoop en vertrou. Hoe hou jy aan, as dit […]
My dagboek oor jou (2) …
My dagboek oor jou (2) Die koue het nog nie gewyk nie. Vanoggend se opstaan-temperatuur was 2 grade. Jinne ek wonder hoe lewe die mense in temperature van minus 48. Ek is seker ek sou dit nie kon oorleef nie. Ek en koue is nou eenmaal nie pasmaats nie. Die lekkerste van koue weer is […]
Veilige hawe
Knus pas die donker se jas om my psige wat rond tas, waar deurlating van lig slegs ‘n mite is. Selfs die ritseling van blare is ‘n droom wat net waar word in die roering van die wind, waar dit uit my longe rigting vind. Na buite, na bo verrys dit sonder stop of terugdraai, […]
Ons land brand
Die vlerke flap fladder-fladder, terwyl spiere oor vlerkspan in harmonie saamwerk, om so, deur die lug te trek. Die lug stroom, asof in droom om vaart belynde vorm en ‘n mossie swiep vinnig verby om seerkry te vermy, maar in jou kyk is waar die aarde in veelkleur resoneer wagtend met asem…opgehou vir die oomblik […]
Eenstemmigheid
Die eenstemmigheid met die lewe en die siel soms hartseer soms wreed soms vrolik soms moeilik Waar die herinnering van hartseer en pyn deur gevoelens en dade uitbasyn ‘n begrip wat saam met die wind vergans Die wind ruk-ruk aan die naakte boomtakke vereenselwig die gevoel van totale verlating soos ‘n reӫnboog die finaliteit van […]