Afrikaners is plesierig
Afrikaners is plesierig Onthou jy, “Vlak langs die pad het ‘n boompie gestaan…?” Bok van Blerk geskiedenis opgehaal fors, regverdig, de la Rey – vernaam. Afrikanerstryd- generaals rondgemaal, nuwe held ons opstaanhoop! Deur misdaad, regstellend verlam die lee toekoms ingeloop Afrikaner, verinneweertam! Eens trotse arm wat ‘n slag slaan, nou, vernederd en onttroon.. Bloed en […]
Ruitensboer
in elke traan ‘n diamant in elke snik ‘n safier agter elke donderweer ‘n reenboogrant by elke begrafnis word die lewe gevier en uit die nagtelike donkerte loer Ruitensboer die geskiedenis ken geen helde liefde, hoop en geloof sal taan groot gedagtes sterf almal op slagvelde net kindergelag sal bly staan en uit die swartste […]
Wat kyk Mamma?
Ag, ek kyk maar deur die ruite na die blou lug en die wolke ek kyk sommer na die bome en hoe die winde daardeur waai. Ek kyk weer na die teerpad en die lamppaal voor die huis die tuin (wat bietjie droog is) en na die kiewiet en die kraai. Ek kyk tot […]
NAWEEK: Wysbegeerde
Die filosoof sit gemaklik teen die stam van ‘n honderdjarige eikeboom aangeleun en beskou die natuur rondom hom. Hy bewonder die blou berge op die kim, die geil koringakkers, die blom- en groentetuine van die nabygeleë huise. „Maar,” sê hy, „ás daar ‘n God sou wees, hoekom laat Hy die swaar pampoene op sulke swak […]
Die Boland rus in onskuld
Die Boland lê en sluimer In hierdie skoonste môre-uur En geen een kan dit beskryf in woord of taal. Bo hoë en verre pieke Ontvlam die dag in amber vuur – Lig gebore om ten hemele te straal. Alles wat nog donker was Nestel koud (dog in goud se glim) – Dis die winterson wat […]
Maan
Ek voel lus om te skryf. Ek weet nog nie waaroor nie, maar kom ons kyk hoe hierdie storie uitdraai. Ek het gedink ek wil skryf oor die liefde, maar almal doen dit. Die liefde is amper so algemeen soos ‘n hartbreek. Ek sê ‘amper’, want daar hoef nie eers liefde te wees vir ‘n […]
Die alfabet is kleurloos
Bepaal velkleur jou taal of hoe jy in Afrikaans spel, en kies dit die woorde se letters wat haat of liefde uitdruk? Jou moedertaal is dit wat jy koester. Die taal waarin jou moeder jou roep en aan die slaap sing of sus wat jou laat voel jy behoort waar jy is. Die alfabet is […]
Bloedrivier
Bloedrivier die slag wat in herhaling lag omdat ons dit aanhou veg. Wat is verkeerd? Wat is reg? Elk dink langs sy eie weg. Opinies Denkwyses Riglyne Strewes Bloedrivier trek weer laer, want ‘een’ volk kan steeds nie saamskaar. Wat is verkeerd? Wat is reg? Elk dink langs sy eie weg. Verwyte Verkeerde besluite Ontoegeeflikheid […]
Verganklik (Italiaanse sonnet – petrarca)
Ek voel die winter in die somerbries vroegmôre deur my kamerruite waai en buite word die doringboom verraai. In sy elk’ blaar skuil daar ‘n soort verlies – die herfs lê immer in die wind se kies. As suidoos na die noordwes begin draai word fyn loof om die skilferstam* gesaai die najaar bly die […]