Tussen reënboë en doringdraad
silwerson en donderwolke daar bo die baksteen woonstelblok klou ‘n kolgans in die weswind aan omber teëls en dak se nok waar die boulevard oor die N1 baan sal winterlelies weer so geilwit staan nóú sirkel duiwe in hul wydste draai verby ‘n blouvalk en ‘n wegvlieg kraai * ek weet – die lewe loop […]
Tower se krag
Om ons dans die lewe reeds van ons kinderdae af en ons… dans voluit saam, want dit is lekker. Ons dans elke dag en voel tower se krag wat deur ons vloei omdat dit so hoort. Kindwees, is die definisie van die towerdans wat kind saamflans oppad deur die lewens bos. Daar dans wolf en […]
Gejy
Spoeg jou skulpe herkou uit Staar oor jou blou vlaktes wyd Onein duin in brander breek Golwe in wit skuim verbleek Maan jou ewig nader trek Son wolke uit jou water wek Kastele op my sand gebou so-my swaarte krag vir jou
Doka
Strale val subjektief oorbelig op vers formaat geprojekteer deur negatief as bundels swart en wit in die lens se objektief om sigbaar vergroot te lê, in die donker as ligsensitief Gebeeld en gebad op papier, fikseer ek grief en lief wat ontwikkel as emosie gehang en gedroog as brief
Briefie vir jou (2) …
soos soveel ander Sondae raak die dag teen namiddag leeg en dis dan wanneer ek in die hoogste graad intense verlange begin pleeg en toe ek netnou die son sien waar dit agter die bome wegkruip kon ek voel hoe jou verlange ook hier na my kant toe sluip ek kon aan jou arm raak […]
. . . en vroeghefs sal die kandelare blom
. . . ‘n rolbos tuimel saam met winde strooi sade oor die knersvlak uit wat wortel skiet waar min wil groei — en stu tot bol, deur die aard’ omsluit C. Shaw 6 Mei 2016
Ek kyk, ek sien, ek weet
Ek kyk – Deur newels van tyd. Deur mis wat draai. Deur blare se waai. Deur kierings wat braai. En ek sien – Hoe die wiel draai. Hoe dejavu sweef. Hoe elke hond ‘n dag kry. Hoe tyd leer. En ek weet – Vrede het ‘n prys. Elke huis het sy kruis en opstaan as […]
Vang die oomblik vas
Vang die oomblik vas … Hoe weet ek dan Of dit die oomblik was Dis verby, dis gedaan Vang die oomblik vas … Laat dit jou nie ontwyk Dis rondom jou, kyk Daar waar dit altyd was Vang die oomblik vas … wat geld nie kan koop oral waar ons loop loop ons in die […]
Bladwisselend is beter
Bladwisselend is beter Dae word korter en sleep kleur saam op ‘n reis om die son in wentelbaan. Groen raak afgesaag as jy dit elke dag sien en bid vir afwisseling in jou bestaan. Stilweg bleek groen tot geel en steek dan vas in bruin se jas. More kom die son in nuwe kleur op […]