Weggooiwoorde (Goud)
ek vat my woorde wat ek weg wou gooi en plak dit op waar leegtes skreiend was ek draai dit toe en bind dit veilig vas tot iedereen in sieraadmooi ontplooi ‘n optelsin sal weinig waarde hê voordat hy in ‘n koningsvers gaan lê
lig in die bankrot skuld
– bitter is die gal van my geheue oor bankrot beloftes van leiers leiers wat hul volgelinge verraai het wat hul kiesers bespotlik gemaak het wat hul eie nageslag beswadder het nie verdien om op ‘n grafsteen herdenk te word nie – soet is die wete in my hart dat die boere volk integriteit het […]
veronderstelling
– “The only value of the statement: “I assume..” is that it makes an ass out of you and me!” – vir die massa is veronderstelling hulle eenvoudige antwoord tot uitdagings hulle veronderstel dat alle “mense” en “on-mense” almal van nature goed en empaties ingestel is – ongelukkig is hulle veronderstelling so ver van die […]
Oggendvers
Voor die dagbreekhaan kraai wil ek iets vir jou skryf want ek moet ‘n vers vir jou los by die suiderkruis se laagste punt net ‘n paar woorde terwyl die maan nog in jou arms slaap voor die klam oggend jou wakker maak met haar deurskyndende asem en die vrese van gister jou naam afstof […]
pre-skepping-se-draak(ula)
– grommend altyd drommend stormend soos impis in die nag krysende gegil met boosheid gevul sluipende duister en onheil skerp gemaak deur haat gevul uit eeue se mensword-pyn uit skepping se nagmerrie droom gekruip altyd daar in elke donker en kwaad put genot uit mens se pynlike lot geen emosie groter as genot geen gewete […]
on(verwags)
– toe jy daar was was daar lewe energie die Lig wat min herken het eers toe die Lig duisternis word toe dit te laat was en net verwyt oorbly het hulle die Lig erken en begin ween – so is ek gebore ‘n kleine dorpeling uit die skoot van eenvoud het Hy my laat […]
DIS TE LAAT
Op ‘n doodgewone dag toe die ou bloekomboom vir die laaste keer fluister net voor die wind haar kom vat het ek saam in wenteltrappe na bo gestorm om beter te kon sien ‘n onstuimige son het haar om my gekronkel maar ek het harder probeer om bo te kom ek wou afkyk om deur […]
si mendacium est veritas
– feite word geite wanneer leuen plek verruil met die ware waarheids woorde binne in hierdie wêreld van geweld waar nasies ander nasies gebruik om hul nuutste wapens te toets is daar geen vrede meer oor slegs hond eet hond – norme word verweerde flos alles wat nasietrots gebind het verwas in malle wêreldse gekots […]
weë
– wie weet wie weet waarheen wie weet waarheen die weg wie weet waarheen die weg lei die weë van die lewe is so onvoorspelbaar waar jy vandag gebore word, en môre eindig is meestal onbekend en soms onbemind wie wil die toekoms kan voorspel weet wat jy oormôre gaan wees hoe droog en onvrugbaar […]