Vakansie-verkeer en padongelukke.
Vakansie-verkeer en padongelukke. Met die naderende vakansieseisoen op hande duik die kwessie van padongelukke en padsterftes op. In Suid-Afrika en Namibië is padsterftes van die hoogste ter wêreld. Kyk maar na die statistieke van langnaweke of die jaarlikse vakansietye in die land na hierdie statistieke. Jy kan daagliks ʼn koerant oopslaan of die televisie nuus […]
Kan tyd vinniger verbygaan?
Kan tyd vinniger verbygaan? As ek so in die gesels hoor hoe mense praat oor die jaar wat so vinnig verbygevlieg het, dink ek aan Hermes, die Griekse god met vlerke aan sy voete. Dit is of die jaar ook vlerke aan sy voete gekry het. Dit is veral ook as jy met ouer geslag […]
waarom? (SILWER)
waarom? waarom leef ons, hoe hou ons ons besig pret of eer – alles ʼn gejaag na wind geluk in aardse dinge sal jy vind is tydelik, vrede bly afwesig soek nie sin in die tydelike goed slegs by Hom kry jy regte lewensmoed ©Marlene Erasmus 30/09/2022
Wat was. Wat is. Wat gaan wees. (1187 woorde)
Kerneels het die folio papier opgefrommel en omsingel met ‘n gebalde vuis. Vir ‘n stuk papier was dit baie swaar. Bagasie. Foute. Spyt. Hoe langer hy daaroor gedink het, hoe swaarder het dit geword. Hy het die papierbal so ver as wat papier toelaat, van hom af gegooi. Hy het dit agterna gekyk. Die opgefrommelde […]
liefdes oomblikke
– die oggend ster blink in jou oë sonstrale kleur jou vel in pastel jou hare blink in goue strepies my hart versag, ek adem jou in – oor jou skoonheid heers vrede gedagtes rimpel oor jou aangesig nooit eentonig maar tog gedweë verdiep my hart se wense saam – lang skadustrepe vestig geheue laatmiddag […]
Woordbloeisels (goud)
Ek pak sterstof teen jou geslote slotsin omdat ek jou nou stilweg moet laat sterf want daar is niks wat ons van mekaar kan erf al moes ons as ‘n bystelling oorbegin maar ek sal jou in my mond ewig vasboei want daar is geen keer as woorde ons laat bloei. © 9/2022 Caren Kearley […]
Teenstryd (goud)
Soos ‘n vlietende ewigheidswese moes ek soms my hande biddend om jou vou net om só aan ‘n stukkie van jou vas te klou omdat ek jou lief wou hê sonder vrese maar my mond was vol letsels en vlekke en jy tussen hier en nou op ander plekke. © 9/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese […]
lewenstempo (SILWER)
lewenstempo die lewe: goed gekomponeerde lied die groot Komponis se note verskyn eers sag in tempo wat dan snel verdwyn andante andante pas aangebied hoe ouer jy word hoe vinniger is die melodie van die lewe gewis ©Marlene Erasmus 28/09/2022
in ongeloof
– die kransduif wyfie klae en steun om ‘n plek uit te skrop vir haar nessie stokkies en takkies gebreek hoog bokant die grond weg van die oog daar lê sy dit wat haar kinders gaan word – die vinkie ouers skreeu en sketter in wanhoop om hul nes waar die swart kraai alles kom […]
rein
– ek is ‘n kindjie klein in my koppie is daar nog ‘n skoon brein selfs die trauma en klanke van geboorte kleur nie die skoonheid van my onskuld waar sal my eerste sonde dan wees ingebore en in sonde ontvang en nie so rein gebore of lê die waarheid dalk meer oppervlakkig nader aan […]