vaagheid
. uit oopgesperde hande rol dollars vry en gratis koop siele van die dwase beinvloed ook hul denke manipuleer hul norme . mense in eie gemaksone lewe rojaal en uitspattig ignoreer hul eie gewetes hul tyd gerig op plesier waarheid onbelangrik . uit die mond van duiwels word dwase mense gevoed met wêreldse gewoontes wat […]
lewe
– oor die spierwit strand spoel silwer soom afgebaken so vinnig as wat dit verskyn sak dit weg en verdwyn – volmaan se hoë gety sleep plante saam kant toe spoel dooie slak huisies wat verbleik op sand – mooi blink die koraal geverf in vrolike kleure met uitsonderlike lewe wat altyd nat moet bly […]
ballade van verwarring
– “..is soos wanneer jy iets aanlyn aankoop en met groot verwagting die pakkie oopmaak, net om te sien dat jy iets heeltemal anders ontvang het” – iewers na neëntien vier en negentig het ‘n volk eensklaps ontdek dat hulle uit hul erfenis verneuk was – geboortereg was so algemeen aanvaar dat hul skoon verward […]
geknegde volk
deur Sy hand is ons hier Hy het ons voorvaders behoed Sy Woord was vir hulle die wet stadig maar seker het ons verrot alles van Hom saam met ons norme by ons huise, kerke en skole uitgegooi ons is mos ingeligte verligte wêreldlinge ons stuur selfs ruimte tuie na ander planete ons kloon selfs […]
alleen maar net digter
spitsvondig is sy woorde dit vlei die wat gevlei wil word dit paai die wat kwaad wil wees ook aan die wat verhewe voel woorde wat hul wil hoor – mooi is sy spraaksaamheid glansryk die toejuiging daaroor met elke mooi wens glinster hy sy hart vind baat by die sukses vertroos in sy eensaamheid […]
druiwestok
– hierdie wêreld is familie-vyandig haat en nyd tussen lede van dieselfde familie daarom die wrywing en ongelukkige verhoudings die lote van die druiweplant groei al hoe meer wild meer en meer vergroeide knoetse verskyn op die stam die omgewing al hoe meer vyandig gesind en giftig as die goeie Tuinier nie betyds kom snoei […]
klatergoud
klatergoud van vroeg droom ek van roem en sukses oorsee om my stempel te gaan afdruk in Los Angeles alles opgepak en afgehandel pak ons die reis aan opgewonde, vol verwagting oor die nuwe lewe oudisies en blink toekoms wink sommer gou kontrak word geteken en hoofrol word toegeken rooi tapyt, flitsende ligte en foto’s […]
‘n Sambreel
– met hoekoms en waaroms bedek twyfel soms my sekerheid my siel reik na geloof sekerheid dring in my en rig my denke – die sambreel van onsekerheid bedek my vrolikheid met grysheid grysheid wat ouderdom beweer asof tyd my lewe kan beheer – in ons lewens is tyd oorbodig geskiedenis het dit kom vervang […]