tweede kans (Silwer)
ek het gedroom van weer probeer gehoop op ‘n tweede kans maar voor ek my stem kon vind was jou vinger op my lippe shhh… en vra jy vir mý ‘n tweede kans ©elmarie nienaber van kampen 30 Mei 2021
dit is
waarheid is soos die silwer soom wat wegsak in die nat sand van ‘n strand een oomblik skyn dit in helderheid en borrel plesierig beweeg dit trots in eie lewens genot dan sak dit weg in die diep onder sand en skulpe waar dit stadig terugkeer na die see se water tafel waarheid is soos […]
Huistoe
‘n olyfboom staan wild teen die voet van Kasteelberg aronskelke blom nie meer hier nie die blou lug hang in dik wit wolke aan die hemelruim se wange ek kyk oor die vallei Hadida’s steel die stiltes mense kom en gaan woelig party bly te lank ander slaap net oor en soms sterf iemand hier […]
Erfenis (Gedig aan ons land) (Goud)
het jy nog ‘n lente oor in jou ‘n lente wat weer blomme vas kan hou wat al jou beddings nat laat reën en die nanagsleep in jou laat blink in skitter môredou het jy nog ‘n somer in die herfsdeel van jou hart wat, al lê die winter woes en wag in kluimgebied en […]
Hoop vir vandag
As die son sy voelers uitsteek en die nag se koue met ‘n warm hand wegsteek, vul ‘n warmte my gemoed, my Skepper het my nog ‘n dag behoed. As ek my oë oopmaak en goue strale my sig aanraak, vorm daar ‘n skitter blink traan met die wete, Hy weet van my bestaan. As […]
Lewensvreugde (Silwer)
Lewensvreugde kan gekoppel word aan baie dinge in die lewe – soos daardie eerste aromatiese koppie koffie in die oggend; daardie smelt-op-die-tong sjokolade wat jy op spesiale dae kry; daardie onverwagse drukkie van jou man of kinders wat sê: “Ek’s lief vir jou!”; daardie genotvolle uit-die-maag saamlag oor jou kleinkinders se manewales. Maar vandag wil […]
korona, die pot en die ketel (SILWER)
korona, die pot en die ketel daar is ʼn mos nou ʼn nuwe normaal waar ons warm gemaskerd asemhaal wrede virus die ekonomie se swart haan kom vee menigte besighede van die baan die pot word deur ketel verwyt as hy smalend hoor hy het geen tuit skertsend kom die antwoord gou ja – maar […]
Seile voor die wind (Silwer)
So baie keer vra ons die Heer vir genoeg wind sodat ons ‘n bestemming kan vind. So baie keer wag ons lank met oë moeg gestaar na die kim se rand en dink wat ons kan vermag wanneer God die wind stuur, eendag. ‘n Dobberende skippie wat taan wiegend op die lewe se groot oseaan […]
Doudruppel-trane (Silwer)
Ek kniel vanaand voor U voete neer, O Heer deur al die seer van ons gisters oor al die vrees van ons môres Die verlore tyd in ons reis die branders wat so om ons druis om dit te laat verdwyn sodat die son weer oor ons sal skyn Mag ons voete altyd weet […]
Verskuif jou fokus in Paastyd. (SILWER)
Verskuif jou fokus in Paastyd. As ons Paastyd binnegaan herdenk ons ʼn tyd van intense lyding: Jesus se lyding. In die tyd waarin ons leef, is dit egter ook die tyd van vreugde en vrolikheid. Christene vier wêreldwyd die feit dat Jesus die dood oorwin het. Dit is beslis ʼn hoogtepunt in die jaar en […]