Sonkus (Silwer)
Vanoggend toe die son my wang warm kom kus en my weereens verseker dat ek ook spesiaal is kon gister se greep op *vasbytpyn saadskiet oor bitter-soet herinnering terwyl my hart dankbaar sy laaste hartseer psalm sing my *kroesgemoed tot vrede laat kom uit oordenkingsboodskap van kosmosblom ©Driekie Grobler *vasbytpyn – daardie diep seer wat […]
Oordenkingsaadjies (Silver – 391 woorde)
Hierdie tyd van die jaar is kosmos oral in blom, sommer so oornag steek hulle hulle skaam, broos koppies uit en dans baldadig en vrolik in die wind. So asof hulle ons wil herinner aan die grootste gebeurtenis in die mensdom se bestaan. Die grootste liefdesdaad ooit op aarde. Die wonder hiervan is die seker […]
Asemlose denke
in afwagting se bleek lê die kim asemloos, ongeverf en grou in die skadu’s van die eerstelig (op die sonbraaksels – van oker, oranje en rooi) en wag begin om só nuwe dwarshoutpaaie te soek want gebreekte stiltes het ook ‘n doel splinterglas kan tog ook skitter en skyn en – donker dieptes besit ‘n […]
In die kring van sy arms. (BRONS)
In die kring van sy arms. Die vuur dans vrolik in die kaggel waar ons aan die ou bekende familietafel sit. Gesellige musiek speel sag in die agtergrond en my hart klop warm as ek na die gesigte van my man en seun kyk. Alles lyk so normaal dat ek vir die oomblik nie wil […]
Is daar nog hoop?
Die oer ou ritme tamboer teen my bors Ons vir jou Suid Afrika nostalgie braak suur die nasmaak daarvan vertrek my gesig laat my skouers buffelskof; Here waarheen nou? Ons vir jou Suid Afrika die wanklank eggo vals teen beton kranse koggelroep deur murg en been verdwyn dan in senutergende stilswye Ons vir jou Suid […]
Geite en Feite (Silwer)
Snaaks hoe iemand iets kan kwytraak, ander dit kan opraap, en ‘n geit oornag kan laat verander in ‘n feit! Kyk nou maar net weer al die berigte en sensasionele stories en boodskappe wat oor ons spoel vandat die “corona” ontwaak het. Voor dit was dit die “sars” en voor dit … So sal ons […]
Die waarde van vrouwees (Silwer)
So baie mans kla oor hulle vrouens, maar besef nie dat sy die produk is van wat hy (sy liefde / sy houding / sy gedrag) van haar maak nie. Ons vroue is inherent sag, vriendelik en liefdevol, maar boeta, vryf ons verkeerd op en jy gaan vir seker die vonke sien spat. ‘n Vrou […]
Die nag het gekom(silwer)
Die nag het gekom as ‘n sneeuwitblom, ek was die son en jy die blom jou kelkies styf en jou lyfie steels maar blom, jy wou nie blom al hoe meer die smeek klad van my tong om jou té intrigeer- Lotus van my Aarde hoor tog my empatierooi groen in die gebergtes van jou […]
Skemer Drome
Jy laat my ‘n klipsteen stoep bou een met ‘n tafel en ‘n dubbel bankie onder ‘n groen druiweprieel met gekartelde potplante ‒ hier en daar vol Kalahari kaktusse en bonsai boompies een met ‘n borrelende fontein en die fyn geur van onsterflikheid een wat uitloop op ‘n gryspad tot onder ‘n Jakaranda boom waar […]