Sonneblomtyd
Sag soen reën dorre aarde vanuit kors bars sonneblomme juigend groen reikend na bloue hemelruim bot geel glimlagte wat verbly gehoorsaam volg aanbidders vuurbal getrou tot dorstyd aanbreek vir hul. © Taai Bonthuys
VRYHEID GEKOOP DEUR U
VRYHEID GEKOOP DEUR U (brons) in die wind wat ritsel deur die bome en die duifie wat koer koer oor die horison met die son wat glinsterend loer oor die gesigseinder daar vind ek my vrede in die branders wat breek en die geluid van die see se gesuis in my ore met die mis […]
Vryheid (Akrostigon)
Vrede en vreugde in hier en nou rykdom verhewe bo aardse besittings ywer om voluit te lewe hegte familie-en vriendskapbande eerlik en opregte lewenswandel innige en vaste geloofsoortuiging dit alles spel ware vryheid van God! Elna Kruger 28/6/2020 Kopiereg
Dans van die Harlekyn
Dans van die Harlekyn Simon vee liggies oor sy voorhoof. Hy swets toe die gesigverf op sy hande beland. Stadig maar seker neem die blou traandruppel vorm aan op sy gesig. Hy skuif die punthoed oor sy gladgevryfde hare en loop spieël toe. Dooie oë staar terug na hom. “Hoe lank nog Here? Hierdie maskerade […]
God se stem
(goud) Ek is nie die applikant in die skrywe nie ook nie die regter nie maar as ek so om my kyk sien ek ‘n toekomslose môre een vol dongas en dae sonder name een soos vandag wanneer ek sielstil wens dat ek God se stem net vir ‘n uur kon leen om alles om […]
Grendelstaat
Grendelstaat Ten minste het wegbly nou ‘n naam – iets buite ons beheer. Die daaglikse dobbelspel van terloopse kontak of my wonder en wroeg oor die geensiens in weke, verval. Maar steeds maak jou stilte my mal. Hoe wens ek ons bestaan was en word vir jou en my grendelvry. ©ASvdMerwe April 2020
IMMUNITEIT EN KWARANTYN, Deel 2
. . . die ergste, die psigiese kwaal, die siel se ontwrigting wat kom weens die ingeslötenheid, die afgegeskeidenheid by massa-kwarantyn . . .
IMMUNITEIT EN KWARANTYN, Deel 1
In ons liggaam is 'n besondere afdeling of stelsel wat natuurlik keer dat giwwe ons aanval. Ons het dit al van kind af aan. Ons noem dit ons naruutlike afweer teen die giwwe van die wêreld om ons. Dit maak ons onaangrypbaar deur kieme en bakterië. '
DIE SPIEËL LANGS DIE GROEN MUUR
DIE SPIEËL LANGS DIE GROEN MUUR my gedagtes vat my ‘n dekade terug skielik staar ek weer vir myself in die groot spieël afgewerk met ‘n blink breë goud-geel raam kontras teen die lemmetjie groen muur ek staar diep binne in my oë, van so soort dat ek tot in my eie siel kyk ek […]