Lag
die vroeë lag uit sag mondjie is dodelik aansteeklik as ek veer lig oor voetjies streel die werk lag ‘n bobbejane trop waar net die baas verstaan is ń blaf spel in groepsverband die sosiale gelag ń braak kol is die onbenullige gegiggel van die wat aspris lag die later lag wat onder eelte sit […]
Vir Sy splinternuwe Kind
Vir Sy splinternuwe Kind. In grys, op heuwel, deur newels verberg goedkoop sloop onkundiges die rykdomsberg heuwelhoog stroom hoop, reën feite in trane uit ‘n liggaam verskeur gedane vasgespyker aan groet en bloed hang Wonderbaar’smoed In klip en gruis – vergruis aan ‘n kruis skeur vleis as lewensspys swyg stig stik ruk sig traan-oë wat […]
Probeer
kragloos stukkend ervaring instruksieloos sleutelloos gebreek daar lê die ding nutteloos kyk die ding maak vas los meer dele nou as vroeëer ń oplossing uit te klap bly ń illusie geen oplossing weet nie, wat of hoe die lewe is soos sake staan, geniet die probleem is ook g’n opsie harde koppe stamp oplossings uit […]
Aambeie
My oorlede Ma was ‘n baie wyse vrou, sy het altyd gese: “Moenie roem op jou sotlikhede nie, my kind”. Wanneer my ouer broers met akademiese prestasies huistoe kom (nie ek nie, was ‘n rebel op skool) dan se my Pa: “Die kind het sy pa se verstand gekry!” My ma sou dan in die […]
Kaiings in die vuur
Twee driebeenpotte staan wydsbeen oor die laaste stomp. Die kampvuur onder hulle koud en amper uitgebrand. Lankal leeg geplunder. Die een was vroeër stampvol stywepap. Met goudgeel brandsel aangebrand tot hoog teen die kante op. In die ander kaiings. ‘n Hele halwe vark s’n. Brosgebraai en daglank uitgekook tot soutbruin lekkerte. Kraakvars en heerlik vetterig. […]
Huisbesoek
‘n Monument aan die Liefde. Geskryf deur: Fanus Strydom Woordetal: 3 903 Die wewenaarseisoen van dominee Frederik Postumus Van Graan, was van korte duur. Onverwags. Skaars gemaklik met die dra van swart, op Sondae was van die ouer dames in die gemeente, of dinge verander. Onverhoeds. Én, te midde van ‘n buitengewoon-hetige Laeveldsomer. ‘n Sware, […]
Appels en Pere
Aflaai, opgradeer, groter, beter , vinniger stoor alles in ‘n wolk, boks of driehoek geduldig en geborge wag die data daar terwyl toestelle sync en dit is waar my moed sink… Sirkel sirkel sirkel terwyl niks gebeur vee skerm halfpad/ van onder na bo/ vee links/ vee regs maar my skerm verdwyn Onkunde saai paniek […]
Lynreg
Silwer Gradering Woordtelling: 1111 Sandra was nog altyd ‘n bietjie snaaks. Sy het alle stories geglo. Of dit nou bogstories, liegstories or ware verhale was, sy het alles vir soetkoek opgeët. En om alles te kroon het sy altyd empatie gehad met die verloorder en die wat aan die korste end getrek het. So omtmoet […]
Skoert Ouma!
(Woordtelling 490) Ja, dis ook maar moeilik om Ouma te wees! Sug. Veral wanneer Kleinman sê hy hou nie van jou nie en wil hê jy moet nou huis toe gaan. Hierdie vreeslike drama het afgespeel nadat Ouma vir Kleinman ʼn vuurwarm loesing belowe het as hy nie dadelik van die muur sou afklim nie. […]
Van ‘Drama Queens’ en vloermoere Silwer 437 Woorde
Vanmore hoor ek mos ek is ‘n “drama queen.” Man, as dit nou nie uit Charles se eie bekkigheid gebore was nie, sou ek my agterstewe so hoog gewip het, dit sou gelyk het of ek vloere was. ‘Drama Queen’, verbeel jou. Die mansmens soek mos vir moeilikheid so vroeg op ‘n klein Satedag. Die […]