lig in die bankrot skuld
– bitter is die gal van my geheue oor bankrot beloftes van leiers leiers wat hul volgelinge verraai het wat hul kiesers bespotlik gemaak het wat hul eie nageslag beswadder het nie verdien om op ‘n grafsteen herdenk te word nie – soet is die wete in my hart dat die boere volk integriteit het […]
pre-skepping-se-draak(ula)
– grommend altyd drommend stormend soos impis in die nag krysende gegil met boosheid gevul sluipende duister en onheil skerp gemaak deur haat gevul uit eeue se mensword-pyn uit skepping se nagmerrie droom gekruip altyd daar in elke donker en kwaad put genot uit mens se pynlike lot geen emosie groter as genot geen gewete […]
si mendacium est veritas
– feite word geite wanneer leuen plek verruil met die ware waarheids woorde binne in hierdie wêreld van geweld waar nasies ander nasies gebruik om hul nuutste wapens te toets is daar geen vrede meer oor slegs hond eet hond – norme word verweerde flos alles wat nasietrots gebind het verwas in malle wêreldse gekots […]
weë
– wie weet wie weet waarheen wie weet waarheen die weg wie weet waarheen die weg lei die weë van die lewe is so onvoorspelbaar waar jy vandag gebore word, en môre eindig is meestal onbekend en soms onbemind wie wil die toekoms kan voorspel weet wat jy oormôre gaan wees hoe droog en onvrugbaar […]
Afrika(ans)
die reënboognasie se eie vrugteslaaitaal (ja, selfs Madiba het haar poësie aangehaal!) ʼn kombuistaal uit geurige speserye gestamper en vysel (Afrika(ans) is dus beslis nie puristies koloniaal!) jy hóór die kruisbestuiwing uit elke wêreldhoek ʼn unieke allegaartjie wat nie onkundige oordeel soek waarom die kind hier gebore voortdurend vervloek en jou protesplakkate (nogal in Engels) […]
sirkel
– soos ons weerpatrone seisoenaal in sirkels rondskuif so skuif mag in die hande van nasies magtige nasies soos die romeine karthagiërs en supermoondhede eers bou die mag op tot hoogste dan verval dit jammerlik – soos gewoontes en kulture deur die eeue wisselend verander gemaal en verskeur deur allerlei invloede eens heilige idees van […]
Poort van die Heuningbye – Hoofstuk 2
Poort vd heuningbye (2) Na haar bad, klee Tilda haarself om vir die aandete, sy deel die eettafel met ʼn Geskiedenis Dosent aan die Universiteit van Kaapstad,Teunis Burger, sy wil hom vra om die “Jameson Inval aan haar te verduidelik, sy moet dit kan begryp alvorens sy haar bedanking indien. Wanneer sy die eetkamer binne […]
stil
– “stil, broers, daar gaan ‘n man verby, hy groet, en dis verlaas.” (Jan F E Celliers) – leiers pop soos popcorn uit op ‘n warm pan in grootse fanfare en luidkeelse simbaalse krete kondig hul, hul eie onbehulpsaamheid aan – die profeet van pampoenvlei vertel ‘n storie sy aanhangers lag en jil elke klankie […]
Lekker bredie en dik snye boerbrood
(Woordtelling 478) Afrikaans is soos ’n bredie – daar is altyd plek vir nog bietjie vleis, groente of speserye. Is dit dan nie oorspronklik ʼn kombuistaal genoem nie? Hierdie eens veragtelike kombuistaal het egter gou-gou in ʼn lekker potjie dik bredie met ʼn geurige sous verander, die vernedering lankal vergete. Eintlik staan ons moedertaal maar […]