bolwinde
soos klaas geswind ry witperde op die wind aandlug trek wolke in strepe reg stormsterk rukwinde speel palmtakke ruk swiepend heen en weer voëlneste skud hope uitmekaar kraaie vergaar om te oes waar hul nie gesaai het ©Teárlach
okulêr
uit skepel van wind skep ons nuwe asem uit druppel droesem drink ek soos ‘n kind ons lewe raak saai golwe vloei stewig terwyl see – gewrig lenig om ons draai in bakermat gestig wag hy in die hawe tot wind sy seile lig ©Teárlach
Kerswens
‘n Kersfees wens lê ek voor jou voete neer. Mag God jou ryklik seën, jou hart vol vreugde reën, jou siel se vrugte blom jou vyande vir hulself grom jou sorge wegkwyn. Mag jou drome jou dra en jy meer jyer wees om oor te loop van genade, geluk en vrede. Seënwense vir jou, vir […]
Die bou van ‘n vrou
As jy kyk liewe vrou na jou spiëlbeeld, sien hoe die Vader Sy arms om jou vou voel hoe Hy jou koester, want Hy het jou gemaak sorgvoldig aan mekaar geweef sodat jy op arendsvlerke sweef. ‘n stukkie van die môrester en Sy hart se punt ‘n vegters vuurstorm met ‘n sagtheid soos die wind […]
Wou
kribbel krabbel pen oor papier ek wou woorde babbel het alles nou ontsier
kersfees (akrosties)
krisant euforbia ranonkel sewejaartjie fuchsia epigram enjambeer skepping ©Teárlach
SUID AFRIKA MY LAND
SUID AFRIKA MY LAND vers1 Suid Afrika, ons mooiste land Suid Afrika lê, aan die beste kant Ons bou ons generasie Ons boere volk en nasie vers2 Suid Afrika, ons mooiste land Suid Afrika lê, aan die beste kant Met strande, en mooi sonskyn Maak ons, die heel, beste wyn Koor: Wilde diere hardloop verby […]
Als in vyf minute
Die eerste vyf minute na vandag wou ek weer in jou arms kruip so sonder gedagtes of tyd wat my versmoor soos toe ek nog my hand veilig in joune kon vou maar nou moet ek myself in hierdie godverstreke spasie weerloos in wolke wind. Hier sal ek eers moet sweef, my ligstraal-lief tot dagmerke […]
Eensaam
Wanneer die abstrakte afwesigheid van jou frekwensie-draende teenwoordigheid soos bliksemstrale deur my verlate kosmos eggo om verduisterde vlaktes te verlig, weet ek; nou dat jy weg is is alles weer reg. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
Besoek aan ‘n grafkelder
Wit is die lelies in jou tuin; ek staar verwilderd na die windharp wat sag op jou stoep wanklank soos die giftige wasbleek warmte wat jy eens om my wou walm. Selfs vrede skuil hier in donker skaduwees van tuinstoele wat lustig na mens wink. Ek klop weer aan die toe deur perfek pas alles […]