Skets
‘n Wolklose laatmiddag in April – ‘n meisie met ‘n blou en wit T-hemp: “LIFE IMITATES ART” hurk en maak ‘n skoenveter vas, draf dan verder ‘n dogtertjie met krulhare gooi stukkies brood op die water, sy skrik as ‘n kolgans haar storm, ‘n bruin papiersak trek deur die lug ‘n tiener ry verby op […]
‘n Nuwe Plek om Boeke te Adverteer en te Vind
Wel, dis seker nie “nuut-nuut” nie, maar wanneer jy die wêreld van boekbemarking betree sien jy hierdie webtuiste met nuwe oë: Goodreads. Ek het onlangs ernstig begin om my boeke – en boeke waarin my werk voorkom – te bemark op al wat ‘n sosialenetwerk is. Wat ek agtergekom het is dat meeste lesers hul […]
God die kunstenaar
daar is meer kunste in die goue spiraal as in die visuele kuns en baie meer kunste in die oor in die fraktaal in die ontleedkunde en wiskunde in die oggendlig en in die natuurwoning die son wat in die uitspansel skilder in die lugstrale is daar baie meer tekening die wêreld is deur ‘n […]
Resensie: Die Film, PARYS KAN WAG
Parys kan wag Francis Ford Coppola, seun van Italiaanse immigrante in Die VSA, is met sy agt-en-sewentig jare een van Hollywood se vooraanstaande regissieure en het mettertyd ‘n reuse „dinastie” om hom geskaar. Sy kinders het veral as toneelspeler beroemd geword, maar ook regissieur; onder sy nefies is ook bekendes, byvoorbeeld Nicolas Cage. Sy vrou […]
Soos engele vlieg
Engelmens van my lê gou jou swaard neer jy lyk moeg en jou pad nog ver, jou siel skree in stilte vir skemer, jou oë lyk effens soos myne. Trap mooi en sag in die langgras, want om oorlog te wens oor ‘n pad wat verdwaald lê tussen nou en nooit – asof môre jou […]
Brief aan Chronos
Wat ‘n geleentheid toe jy geskied om jou eie voorkoms te kon kies en vorm in jou eie tyd …eie gebied man, bul en leeu in eenheid gesmee onvermydelikheid aan jou sy verkleef deur oeroue eier wat broei tot see, aarde en lug tyd en ewigheid is verbeeld in grys lokke van tyd Gaia om […]
seemeeu sug
hoe bly jy vrolik my hart as almal om jou huil in smart treurig suig windjie deur gange eensaam brom kransduif vir oulaas oortjies uil swiep neer uit sy hoë nes uit wit geverfde huisies kom musiek glinster liggies soos biggelende trane oor deurskynende wit gordyne wat alles daar binne verklap daar is nog vreugde […]
idillies
wieg en swaai van golwe in ons baai volg blink strepe van warm en koue wat saggies deur baai rangeer in voue laat natuur se ewewig perfek in draai breek saggies in wit skuim oor rotse spelerig sweef meeue prettig ge-raam duik en skreeuend oor seeslakke saam maak skuimbedekte skulpgruis klotse hoe lank sal hemelse […]
WOORDSMOUS
Party sê ek’s ‘n digter ‘n towenaar met taal al skryf ek net die woorde wat kleur bring uit die vaal Ek skink maar net my hart uit op die wit van skoon papier wat in kleurpalet omvorm om die lesers te plesier Soms struikel rympatrone en die ritme wil makeer dan vee ek al […]
Dis net
dis net in Afrikaans wat ek reg kan sê van dit wat annerkant woorde kom lê soos ‘n Afrikanerhart dit sou wou hê op die man af, sonner om ‘n leksikon deur te draf