Verborge talent
My hande lê jou lam My vingers stram en tam wat jou tot stomheid slaan, wagtend, mank in stilte gesmoor tot geen klank is jou simbole op papier slegs swart en wit etse van leemtes en spasies Sou ek maar kon slaag om my vingers te waag en jou sleutels te behaag in identiese kleure […]
Die PIROTEGNIEK
Pirotegniek Nog lank vóór die monnik Berthold Schwarz die „swart poeier” uit Sjina na Europa gebring het, het die Sjinese vuurwerk geken en in hul religieuse rituaal ingebou. Dis toe vir groot feesdae en ander besonders hoë seremonië gebruik. Veral om die bose geeste te verban. ⎈ Vandag nog, na soveel duisend jare geskiedenis met […]
1. Joodse Grappie, die Vriendin
Die Joodse Grappies – Dit is wat die Jode ondermekaar vertel; in teenstelling met die Jodegrap – Dis wanneer bose mense die Jode wil beledig en hulle slegsê. Die Joodse grappies het dikwels ‘n „slim” rabbyn: ‘n Rabbi wat dikwels sy vertwyfelde gemeendelede die snaaksste raad gee. Maar nie net rabbyne maak mal voorslae of […]
Klankfees
Eksentrieke semantiek tot klanke gegiet, om vermaak te bied wat weerklink as gevoels-fonetiek… Mistieke ou lirieke wat jou wink en noot-vir-noot sielsgenot skink
Die Ballerina
BALLERINA Die swart swaan die wit swaan, die musiek die klank die note wat deur haar pirouette rank die ademlose bewondering die waas van haar romp – dit alles laat die bloed deur haar are pomp. Die Neutkraker, Swanemeer en Giselle… om deur die medium van dans die gehoor te vertel van woede en liefde […]
As ek kon dig
As ek kon dig – sou ek jou naam in elke versie skryf. Sóú ek kon sing – was my hart se melodië aan jou toegewy. Was ek ʼn skrywer of ʼn digter selfs arm skilder sonder oor Sou ek met ink en skilderye liefde in jou hart optoor. In elke hoofstuk van my halfklaar […]
L’art poetique
Myself het ek uiteindelik gevind dis die logos wat my kosmos aanmekaar bind. Jubelend kan ek bely: “Ek is ‘n digter ‘n poëet! Jihaa! Handré-hie-handré! Ek is vry!” My woorde waai wapperend in die wind my muse krul holrug in my bakhand mak gemaak in my gees se skadukant. Gooi my letters in jou rooiwyn […]
Skrywersblok
My mees gevreesde vyand is die naakte vel papier wat met woordelose uitdaging tartend na my gluur…
Dante se glassade
Onsigbaar onvrugbaar spoorloos ongesien lê daar ń glassaad in die melkwit-hart van elke stomme woord, wat smag om te ontkiem. Vasgevang in fete tussen hart en verstand, wagtend om wortel te skiet – slaap ongesproke woorde sonder spore op papier salig ingekrop – verniet… Anders as Dante se glassade wat vir eeue aanhou blom, lank […]
Die mak houtkappertjie
Sy wou die dag voor dou net vir hom in jasmyn toevou maar hy: houtkappertjie het aan haar siel gekerf. Klopetie-klop deur haar dik bas deur die kern van haar grys oorjas sy fluit was so bittersoet mooi sy kuifie kaleidoskopies getooi Vroulief het geduldig gewag tot sy gaatjie huislik kon lag sy trek toe […]