aan niks (en aan ‘n Maandag)
En toe het die stilte gekom. Haar houthuis se deur het sy toegetrek, die paadjie afgestap en die hek agter haar gesluit . . . (die laatmiddagson het sy agter heinings gelos om vir oulaas te vlam oor daisies en laventelbos) . . . in haar motor geklim en huis toe gery (in vrede). En […]
DIE SOMER LOOP WEG
Die tarentale het laasnag voor my uitgedraf om my te gaan wys waar die wind sy buik met die winter se ysasem by die son se wegloop skadu’s vul Die bosduiwe sit vanoggend ‘n half uur langer met hul vlerke soos naaldwerk in mekaar gevleg voor die son hul roep en hulle ontrafel om my […]
Fyn Fluitjiesriet
Dunstelig en in lit verdeel wieg jul tesame songestreel op vlagies van die lente-wind in liefdespassies saamgebind. Maar as die somerdonder dreun en takkies onder windvlaag kreun; die hael en reën karos oor rant en bliksems lig van alle kant, dan buig jy barensnood jou krom voor angs wat uit die gitnag kom. Was ek […]
Huskies Droom Maar Voort
Huskies, Droom Maar Voort Huskies, die pragtige poolhonde blaf nie maar het die lang droewige uitgerekte huiltjank asof daar nog ‘n oerinstink is van wyd uitgestrekte ysvlaktes wat soos ‘n wit laken voor hulle uitgesprei lê— Hulle onthou die eensame huilgeroep ver oor die yswoestyn heen waar ‘n maat die ore spits en gaan antwoord […]
Die gedruppel bly maar droom…
want…(?) die winterkoue druppel die mooiste pêreldou wat dan as diamantjies aan ragfyn weppies klou en…(?) die songloor-yskristalle, laat druppeltjies verdou; vorm mikro watervalle waar die elfies bruilof hou en dan…(?) word wintering se ondergroei langs ysig waterstroom waar die weglêgansies broei so gaandeweg slegs droom
Die vrug van jou skoot
Mamma, toe ek klein was was ek soos bloeisels vir jou oë ragfyn sag en kneusbaar broos in perskepienk en appelkoosblomwit wat ontbloot aan naakte takke sit swanger aan belofte lentegeur en hoop. * Mamma, hier in Meimaand hang my perskeboom se blare so herfsdor aan hul takke. My appelkoosboom het – na sewe jaar […]
. . . en vroeghefs sal die kandelare blom
. . . ‘n rolbos tuimel saam met winde strooi sade oor die knersvlak uit wat wortel skiet waar min wil groei — en stu tot bol, deur die aard’ omsluit C. Shaw 6 Mei 2016
Blindelingse leidraad
tussen seewier en verrotte seebamboes wat branderry op golwe se rug is jou liefde my kompas, my ewige Suiderkruis wat met sterling die pad aanwys my voete weghou van blinde verdwaal ook die stofpad tot teer verhaal daar waar brandnekels en wilde-als verstikkend koek in die holtes van my keel kom jou streelsag stem om […]
Distels verstrengel
By ‘n rou rivier se droogloop – het sy gisterspore hertrap maar die berg het lui gehuiwer om weer bitterwater te tap In diep, donker dennewoud – op die koel, klam naaldtapyt het sy weerloos kruisbeen loop sit met haar mandjie propvol verwyt Onder die Apiesdoring- sambreel – desekteer sy die lewe in geheel dis […]