Magenta dae
Strate hol getree van honger verdig teen menslike natuur, moerbei besmeerde polse skree om vryheid, versugting wat gil vir meer. Die koningskleed van nag draal taai aan deurweekte sonlig-krae, impulsiewe lag meer gedwonge gerafel teen lila some. Rooivonk klou teen baksteenmure gesmee teen verlede skryn, die kreukeling van eendagskoon-winde wat puur ruimtes kloof om hoeke […]
In die skemer van die berge
In die skemer van die berge doringboom aan elke kant – sit alleen die tenger vroutjie op die grens van niemandsland Wiegend neurie sonder woorde want haar siel is weggevat – môre kom die nare drome op haar skewe kronkelpad Maar sy luister na geluide uit die Skepper se natuur – wink kromvinger na die […]
Indigo gety
Lente, asuurblou sonder kreukels gevlei oor jou wangbeen en swanenek, bleekwit maagd in denim geklee met Septemberreën wat plek plek lek. Saffierfonkels en blinkoog skitters wat deur songleuwe glip, bloublomsalie sierlik in jou wille krullebol met lostrek linte wat verstrengel en stik. Zoempies wat kwassiestert in wolgras wei en asem knoop in jou stuifmeel doek, […]
My beminde in ‘n wildevyeboom
aan takke van ‘n vlegsel-stam wildevyeboom in die middel van ‘n donkernag stad, hang sawens ‘n saggemaakte maan soms klein, soms groot, soms lewend, soms dood sy wortels bogronds geknoop deur wind en weer getemper, in rioolwater se opstyg dampe afgespons en oor gedoop (sy skouers swaar behang met wilde drome) in die park skuil […]
Gestroopte hoop
Die houtbalke se grein splinter teen my hoop hier waar ek elke dag vir jou wag. Somer het ongesiens geglip tussen ou bome en dae voel langer toe laatmiddag langbeen skuifel deur akkerklawer. Die koraal gloed van ‘n lui son gooi skadu’s in my nek en ek wonder of dit net ek is wat met […]
Winddroog
sout bly sout dit winddroog minute ure dae weke maande selfs jare soos bokkoms in ‘n bos (ek het jou laat los) gestring met ‘n onmiskenbare palet wat binnemonds kleef aan die verhemelte, die hart; hierdie jaar is skaars ‘n paar dae oud en pekel reeds teen my wang, ‘n dynserige voorskou waaraan laasjaar reste […]
Soutloop
springgety stu en dy deur waterlope van volle maan waar spiraalveer net en syfer in koralyn motet van oseaan skrabeuse rots se riffelrug groen bedek in alg en kelp perlemoen benat in hemelblou suutjies leun teen duineveld tussen windmoeg vygies wat skunnig tussen soutbos blom staan haar lyf geëts in keëlskulp van ‘n oorloop maan […]
Ek is die storm in jou.
Ek is die storm wat binne jou woed en jou siel vernietig. Ek sny jou met my warrelwinde en maal jou gedagtes fyn. Ek is die storm wat binne jou woed en jou siel verpletter. Ek breek jou hoë mure af tot op die grond en laat jou weerstand verbrokkel. Ek is die storm wat […]
Welkom in die Vuil-Driehoek
Wikipedia beskryf die Vaaldriehoek as ‘n groot driehoekige industriële gebied in Suid-Afrika wat deur Vanderbijlpark, Vereeniging en Sasolburg gevorm word. As gevolg van die swaar nywerhede in en rondom die Vaaldriehoek is die gebied berug vir besoedeling. Om hierdie rede word die gebied soms die “vuil-driehoek” genoem. Vir om-en-by twintig jaar geniet ons as gesin […]
Knersvlakte (haikoe)
bont bloei namakwa tussen klippe in die sand wanneer winter sterf C. Shaw 4 April 2016