Waar Bamboes Opdrif Teen Die Lug…
Waar bamboes opdrif teen die lug se blou en die rooivinkies hulle nessies bou; waar waterlelies op die water roei en weglê-eende hulle eiers broei; waar die loeries sku tussen lower hou en ‘n siel nog trou op sy God vertrou, wil ek -as dan my aardse tentdoek reep deur donkerkloue van die dood se […]
Verrukkende Verlange
Ek onthou -nes kindwees- die vlootbloue berge voor die skemer die klowe verskadu tot swart en hoor in verbeelding die kla in die verre as ‘n demproep van ‘n vleiloerie vol smart. ̕Ek bepeins in die oggend, na na-nag se sterf, die frank van wilderosyn en soetdoringgom en verlange vervleg deur in gisters te swerf […]
Vier seisoene koester
Stuur ‘n Rooiborshoutkapper sodat sy ritmiese klop met skerppunt snawel hartsluike wyd -sper jou binne laat fladder jy beeldend weerkaats in sy ronde, stil pupille Stuur ‘n ge-oliede melodie met suiwer liefdesnote op vlerkwieke van wind dansend duis’lig meegesleur op maat van uniek’ musiek so eie note terugversend na stil spesifieke beeld aan my so […]
Rose pienk en Jakarandas pers
rose pienk en jakarandas pers ek sing vir jou ‘n bloublomvers van laventelbos en roosmaryn van lelies geel soos die son se skyn malvas bloei steeds in die bloedste rooi dis die swartoognooi wat flikkers gooi oor die heiningdraad rank haar ranke groen sy kleur haar blomme in ryp lemoen en die muurblom wat so […]
Herfsman
herfsman, herfsman vertel my waar kom al jou kleure vandaan jy inspireer die pad van n kwas op n doek so ook die van harte wat naarstigtelik soek jys die aankondiging van n einde van iemand se siesoen van lyde maar tog ook van n begin maak net seker God is ook daarin herfsman, herfsman […]
Sigbare vlees en onsienbare gees (Carpe Diem – “Gryp Die Oomblik” Sonnet)
Die son bestryk verblykte blare goud in herfs se matte okerkleurigheid en tussenspasies skaduwees verkoud, verdwaal in swak-onthou vergetelheid. Maar vooraand word windstiltetjies ‘n bries wat geil en dwarrels teen die kranse gier; die skamelsyfering uit rotse vries langs witgekalkte nes van lammergier.̀ Wit lê die ryp om bogrondgroei te weer en roesgevlekte blare te […]
Liefde se voetspore
In die reënwoud se klam het twee voetspore gehang in die watte van groenmos afgeêts, vasgevang In die wolke se blou-grou kon soet spookasem- wind gedagtes van gisters stokkie-taai verbind Met grys gruispad se grof stapel klippe reeds gekou tussen kosmos daarneffens wieg weelde – beelde onthou Langs die spierwit geraamtes op Skedelkus se strand […]
O Here ! Hoor!
Toe die nag uitvloei deur die uurglas se spleet het die dag op die grond geval en die tyd van die dag is nie gemeet aan die son wat in die middaguur stil gaan staan nie. En die gees van die wind het die nuwe botsels bruin geskroei en dit saam met die aarde laat […]
Briefie vir jou (1) …
die oggend het gekom sonder ‘n blink sonstraal en dis op sulke dae dat verlange my inhaal dis die kere wat ek jou so graag by my wil hê sodat ek met jou kan praat sonder om ‘n woord te sê dis die kere wat ek net teen jou bors wil leun sonder om te […]
Hoe glo jy in liefde
Hoe skryf jy van liefde as jou hartmure bloei oor distels van glisters waar geen rose meer groei Hoe lig jy loodswaar hoof na die goudstraal van son as jou hele wese ween oor – as dit maar net kon Hoe hoor jy die geroep van tortelduif na sy maat as jy steeks staan trippel […]