My hartedief
koesterend speel die sonstrale oor die kartels van my lyf met warm vingerhale word koue uitgedryf elke oomblik vasgevang soos ‘n helder reënboog in my hartkamer gehang laat ‘n vonkel in my oog neurie ek jubelend saam geniet elke kosbaar oomblik vergeet van verborge traan want die lewe is heerlik ja, die lewe is ‘n […]
Omen (2)
vandag se reste droesem in vore en nag kruip uit gate in velerlei gewade ‘n hond tjank melancholies laer af in die straat kinders huppel deur skemer vol kattekwaad (tuis trek ek blindings dig voor my ruite en skud skulpgruis uit my jas -…) vroeër by die see het duine boggelrug gegooi toe klein klein […]
Voëltjies vergeet
oor die dor van Vrystaat vlaktes huil die winterwind – so skraal – weer ritselend deur pluime gras in rou gekleed, en vaal ‘n koester vlieg steeds weer en heen alsó deinend is haar vlug oor gister sal sy nimmer ween – in elke droom vind ek dit t’rug © C. Shaw 13 April 2016
Namakwaland
‘n Strook aarde sanderig, ruim en oop. met besonderse mense wat oor hierdie stukkie aarde loop. Die reuk van sout of dassie-pis teen die klip se rand verberg geheimenisse van Namakwaland. Dikwels vaal en droog hou elke dorp sy kop omhoog. Sy warm asem wat ruik na vars woestyn eiesoortig uniek, dis God se lente […]
Seerower skatte
Soos soutsproei saggies klots teen sinkskip se uitsteek mas wonder mens onomwonde wat versteek, geberg hier was Die roesverweer-erosiedek vol aangeslane muntstuk vertel sy eie ryk verhaal – is hul skatte dalk weggeruk Skip se stuur steeds rumbevlek skets prent van dom matrose was dit immers hierdie defek wat hul ontneem het van die bose […]
Moppie vir haar ghantang
dit reën damme klots tot boordensvol en klippies kring wyer as haar gedagtes berge kloof deur bloedjong dae en sy loop kaalvoet deur die laan, pluk waterblommetjies in donker water, sy bring die Boland na jou toe, my lam robyne swem in haar glas, druif staan ferm geswel – nagvog kruip weg onder haar vel […]
Afrodisiakum
sommer so sonder rede sommer tussen gister se storms en vandag se nimmereindigende vrede met ‘n koddige systap en trippel ‘n skalkse glimlag sonder rede verskuil in ‘n ondeunde koekeloer gehekel met aweregse stekies teen reguit lyne weggesteek in onontdekte plekke agter raserige skarniere van verweerde hekke rug aan rug teen afgewitte mure iewers tussen […]
Kind Wees [Veldspaat = Bobbejaanspieël ]
Kind Wees [Veldspaat = Bobbejaanspieël] O, om weer ‘n plaaskind te wees droom en realiteit was deurweef gewees— Veldspaat was vol diamante en groen mosbedekte klippe die ene koper— Peperbome dra koljander wyl die ou kokerboom in blomtyd ‘n droom van vragte dadels was, van alles seker hardekwas! Die lewe was sonder sorge, oral was […]
Druppels op die draad
Jakkalsdou draf skuinslyf oor die huis se dak. Donker sit kruisbeen langs die bed en ek wonder wat ek hier soek en of jy sal verstaan as ek dalk van te veel voel vlug op die lyf slaan. Ek swyg onder jou, adem die muskus wat aan jou palms klou. Prewel glasagtig dat alle reëls […]
Reënlelie
Hartseer wieg jou kelk in die wind wreed deur voëlsnawels verslind deur reuse omring wat bo jou troon verhoed kosbar’ sonstraal op jou kroon Wagtend op die uur van tien om dierbar’ son se strale te sien stammetjie beur swaar na bo vol pyn amper middeldeur, vinnig aan’t kwyn Hierdie seisoen is gedoem vir my […]