Oggendvers (goud)
voor die dagbreekhaan kraai wil ek iets vir jou skryf want ek moet ‘n wens vir jou los by die suiderkruis se laagste punt net ‘n paar woorde terwyl die maan nog in jou arms slaap voor die klam oggend jou wakker maak met haar deurskynende asem en die vrese van gister jou naam afstof […]
Oktober 2022 – Liriese projek
Beste INKers “As Oktober in violet bloei, loei dit hemelhoog in geluidgolwe wat die herhaling van jou in my laat wikkel en onduleer.” As voorbeeld hierbo ‘n kykie in wat “liriese skryfkuns” kan wees. Die gonswoord vir hierdie maand se opdrag is dus: Liries. Alle afdelings het dieselfde gonswoord as vertrekpunt met geen verdere reëls […]
Van hanekraai tot briekaandraai (765 woorde)
As daar nou een ding is waaroor niemand van ons beheer het nie, dan is dit tyd. Soms wens ons dit om en soms wens ons dit moet bietjie stadiger gaan of selfs stilstaan. Alles wat ons aanpak en doen word beplan rondom tyd (onbewus beheer deur tyd). Tyd vir dié, tyd vir daai … […]
Woordbloeisels (goud)
Ek pak sterstof teen jou geslote slotsin omdat ek jou nou stilweg moet laat sterf want daar is niks wat ons van mekaar kan erf al moes ons as ‘n bystelling oorbegin maar ek sal jou in my mond ewig vasboei want daar is geen keer as woorde ons laat bloei. © 9/2022 Caren Kearley […]
Onthou jy
toe alles nog eenvoudig was waatlemoen se kroon bloedrooi het jy my na jou partytjie by jou ma se huis genooi toe alles nog eenvoudig was husse lang ore dra het jy agter die fietsloods al vir my die kys gevra toe alles nog eenvoudig was so soet soos ‘n lemoen het jy my eendag […]
DIS TE LAAT
Op ‘n doodgewone dag toe die ou bloekomboom vir die laaste keer fluister net voor die wind haar kom vat het ek saam in wenteltrappe na bo gestorm om beter te kon sien ‘n onstuimige son het haar om my gekronkel maar ek het harder probeer om bo te kom ek wou afkyk om deur […]
Tyd in fases (‘n Drievoudige triolet)
die jeugjare was nog jonk en lank met tyd se tik ʼn polsslagdans my visie was die bruis van vonkeldrank die jeugjare was nog jonk en lank waar die toekoms oor my heining rank en groen krultentakel vir nóg ‘n kans die jeugjare was nog jonk en lank met tyd se tik ‘n polsslagdans die […]
Kopermaan se towergang (Silwer)
Wys my weer die glinster in jou oë wat soos maanlig op die golfkamme blink waar ons in liefde se dieptes versink soos toe ons kon liefhê met groot genoeë… …kom kyk liefling – hoe glim die kopermaan soos sy stil uitdy bo die oseaan. © Loretta Szikra 202209
Introspeksie (Silwer 364 woorde)
Noudat ek, na jare van swoeg en sweet, wroeg en waag, die kruin van my menslike bestaan bereik het, wil ek (net vir ‘n wyle) asem skep, tot stilstand kom, ‘n oomblik verpoos, omdraai en terugkyk – voordat ek die afdraande (wat voor my uitstrek) onwillig aanpak. Hoekom dan onwillig, sou jy dit dalk vra. […]
Die rooi stoep (Goud)
die rooi stoep lê in my ge-anker en gehoek vasgeberg oor jare uit die resesse van my togte verskyn hy weer en weer as ‘n uitsig en ‘n uitgang onder meer ek sien die appelkoosboom en ek sien oom Jan se huis die druiweboord, die droë tuin die windpompe wat draai die oor-die-dak begrafnisboom en […]