LAASTE VERS (goud)
En snags as jy droom en die nag haar arms om jou vou sal jy my laaste vers aan jou ook onthou die een waar ek bid dat jy weer heel moet word veral die strofe waar ek wens dat jy my sal kom haal en my huistoe sal vat. © 7/2022 Caren Kearley FB: […]
KONFESSIE (goud)
By jou kon ek nog altyd die ligbelaaide hand van die son oopmond soen dans in die reen wilde winde met my kaal hande vang want ons het weerskante toe geweet dat ons deur ruimtes sou reis dat ons groot kon droom en die weerkaatsing van ons woorde soos eggo’s sou sweef. By jou kon […]
VERGEEF OM TE VERGEET
Ek weet ook nou dat jy net gemaak het asof jy lewe want orals lê lyke rondom jou en bewe so, voor vrees my nou weer opsluit en ontspoor vou ek my hande saam om jou te vergewe. © 7/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
HOE LANK (goud)
Hoe lank sal dit vat om gedagtes te ontbind sodat ek net weer die mens binne my kan vind want my wag het lankal die lewe ingeskiet terwyl ek toekyk hoe spore orals vergaan in die wind. © 7/2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
Verlange (Silwer)
Nou tors my siel oor jou seerkry verlies sukkel op papier om woorde te kies die vurige verlange te versag te hunker na iets mooi en nostalgies. © Zebulon Kochk
Verspeelde Liefde (Goud)
jou see is nog indigo en jou berge lê nog blomvarsblou soos laventelvelde wat aan die hemel raak diep diep in my vêronthou jou woorde prik nog pruilmondvars raakvas teen my vel se voel in die ryptrap van ‘n winterlandskap toe jy nog somers af wou dwing en jou warm stormwaters oor my koue hart […]
Spoor
Spoor Uitgestrek oor vlakte heen in sand geklee in rooi en roes tussen gemsbokspoor en klipknoets rus geelgras winkend waar wilde perde wei bekendheid uit vervloëndheid s-y-p-e-l langsaam terug op die maat van ‘n stoomtrein stik hy sy spoor in lyn en heg die sye van ‘n hart met elke tjoeke-paf heel. ©marikavanheerden
MY WENS VIR JOU
Mag die son altyd helder voor jou skyn sodat jy sal weet in watter rigting om te gaan mag jy gereeld op die dak van die nag klim om stringe sterre net vir jouself te pluk mag jy elke dag crave na ‘n nuwe avontuur vars water uit lopende stroompies drink nuwe grondpaaie sonder mensgemaakte […]
Seisoensgewys
Silwer In die borrelblydskap van lente se prag sprei ek my arms en flonk in my jongmenskrag ek bloei lote en blom vreugde sonder perke staan asemrowend stom oor al my werke. In die glimlagdans van goue sonlig was my treë huppelvrolik en lig ek het fors en sterk my wortels laat gedy met sekerheid […]