ek sal jou onthou
vir ma 11/06/1945 – 23/5/2022 ek sal jou soek in die volmaan se gloed in die ysterklip wanneer die geel gras oor die veld wieg in die hemelhoëhange wanneer jou asem snak in meiringspoort se gange ek sal jou proe in soetwyn en sushi suiglekkers in ‘n blikkie roomys en halva en seafood pasta ek […]
Binne seisoen (goud)
En nou weet ek ook dat my somer en winter hand aan hand kan loop. © MEI 2022 Caren Kearley FB: Nimfoleptiese Woorde
Leonard se song (goud)
Jy het té lank eenkant gestaan terwyl die opkoms en afstyg van die stil spasies in jou lewendige oë vergeet het om te onthou dat liefde ‘n spel is nie ‘n herhaling van gister nie nie die stemme in jou kop wat met gekamoefleurde klanke jou gehoor verwilder nie nie iets wat jou drome en […]
gemoed
– van lank gelede kom die strewe – golwe wat breek seeplante versteek – skulpe belyn strand witmossel lê op kant – seisoene kom en gaan suidooster laat oë traan – langs die see wil ek leef berge op en af gestreef – dankie vir die dagbreek skilderkwas wat verweek – kolgans kom kondig aan […]
Sinlik belustig (goud)
Met haar drome nog styf teen sy hart vasgemeer het sy nardusolie aan sy voete kom smeer plaksels van sy siel het een-een afgedop gister se newels het om hul stof opgeskop sy asem het wild-warm in haar nek geblaas ‘n hele wye wêreld het in haar kop begin geraas helder in haar eensaamheid het […]
Braille kiekies (Goud)
die kiekies in die swart boek se hoekies is verslyt maar die raampies is nog handig want dit hou my hande uit my hande wou my sig herhaal oor die deinings van haar lyf en toe strelend soos ‘n braille-gebed my vingers daaroor vryf A Fourie (Seirdna) 16.07.2020
Patriarg
Patriarg Ek staar af in ‘n ou onthou gang herinneringe soen sagkens my terug verlang ek herroep elke oomblik vars gepreserveer houbaar in my geheue ‘n tyd lank ons geliewe Patriarg verlief op pavane musiekprag renonkelagtig rank die note vas teen gehore in ‘n binnehof heroïese musikant geprys met faam en lof sy note grawe […]
Outeniekwa-gedagtes
my oë draal oor die sluiers van die son rondom lê die uitspansel in riffelkarton ek is tydelik verlos uit die stad van beton my afsaalplek nou ‘n ou murasie uit ‘n lank vergete generasie nou verpurper die kim en trek bloed verskuild lê die Outeniekwa in die gloed teen kranse weerklink die kiewiet se […]
Lukasvlakte
jou son mirasie oor die oop einders tot daar waar jou niks spikkel en nie meer sien nie… raak my asem stadig, my mond gryns toe hitte kom sonbesie in jou stilte ek sien jou wit klipkop af ets teen die helderblou lug langs die ou windpomp wat krakerig en kreunerig sug toe windjie deur […]
Haar lentedroom (Brons)
al, sou strale son skreef-skerf, okersag wintervaal aloor haar, bleekblou blinddoekoë val, vlerksprei gistergroen onthou … o o p nes, stofpartikels tussendeur hortjiesruite ligspoor loom-sweef, dwaalgees sy … steeds v r y al, het haar vlindervlerke in ooglid broosoud winterkou toegevou, kleurspiraal blommespel knip- oogfladder, lentedroom aloor haar eens … helderblou kinderoë en bot-bot botsels […]