Sprake van hoop
Sprake van hoop o perste, perste vygie o doring aalwynblaar kyk hoe rus die Bolandberge sommer net maar daar o dynserige vertes o ligsteblouste lug swerfplek vir windswawels so-heen-toe en terug o eens verlate vlaktes o uitgestrekte land deur wind en water hier gekerwe tot krans, tot klip, tot sand o soele, soele lentedag o […]
Die huis van boeke
Daar is vreugde in bibloteke die verslinde woorde opgeëet tussendeur die stilte en soeke wyse, letsels van vingergeblaaide bladsye en die kramery van ‘n krammer soos druppelsreën die dakplate lêk so verbeelding vindingryk vergader en oor die witsand vloei bondel die gedagtes vonkel vry dra my goedig oor die holtes steek my weg tussen rakkies […]
s t o r m v e r s
In die nuwedagskemering as oumeidkloppers se klingklangende haél nes reënpakkas se piketspel tafereel met ñ trompetsinjaal word droogericas van die aarde in ñ helige taal natgestorm Zebulon Kochk Konnichiwa Gedigte 20 September 2019
Lente van ’19
Dit was daardie mooiste seisoen toe ek kaperbriewe in my eie posbus wou los geseël met judas-soene en Lot se geloof maar meer as dit, wou ek migreer Noordwaards na my milieu terug na woestynsand en stof droë rivierlope en ander dinge wat my en my herkoms kon herenig dit was daardie September toe ek […]
Ontwaken
Wanneer die natuur begin ontwaak uit sy winterslaap, is daar ‘n soort “magic” aan’t gebeur. Die aarde verkleur van vaal en dood in die mooiste vrolike “Aaaaah, kyk hoe mooi!” kleureprag. Mens hoor dit selfs in die voëlgesang vroegoggend. Daar is ‘n nuwe opgewektheid in hul groet. Gaan stap jy deur die strate wat onlangs […]
Groen voete
Die oggendson skyn weerbarstig deur my kamer se venster, en ek strek my lui-lui uit nog effens moeg om op te staan in die Sondag. Laasnag was ‘n partytjie iewers tot laat aan die gang, maar hoe dan nou anders lente is mos ‘n seisoen van musiek en jolyt! Met ‘n glasie droë rooiwyn, en […]
Kind van die aarde
(goud) vir my sal Namakwaland se blomme ’n duisend danse dans en die aalwyne by Springbok sal rooioranje teen ‘n krans welwitchia sal oeroud stamme begrawe in die sandwoestyn iewers in die Namib ’n nuwe blaar vir my laat krul oor die warm van ’n duin in die vlakte van strandmere sal pienk flaminke steeds […]
‘n Verkwikkende ondervinding
Bome bot blomme blom lente het gekom oral staan groen gras uit ‘n dik stoflaag op Selfs die voëls fluit met ‘n vrolike fees geluid lente vou oop soos ‘n nuwe droom winter-ys gly af van elke boom Soos toorverf uit die natuur se kwas skilder hy weer alles prentjiemooi dit is die allermooiste skildery […]
Een dagbreek, as die lente blom
spit ek pers viooltjies uit my tuin en dra dit ver, tot in jou erf om dáár te plant waar smiddags laat skadu’s oor jou landskap verf wie gaan daar, sal jy dalk wonder (wyl voëltjies skemeroggend sing) – dis ek, dis ék wat blomme na jou akkers bring en jy sal wis, as jy dit […]
Opregtheid
Niks is meer soos gister nie dink ek; met die maligheid van my eie saligheid voor ek ontsnap na ‘n ongekende ewigheid gee my dan eerder terug aan alles wat ek gehad het voor jý my pad kom teer het met liedjies en lagstories oor jou onverklaarbare liefde wat Suidoosters kon opruk of ligtorings leeg […]