Jou wese
jy baadjie my met jou kalmte daar waar soveel onnodige vrese sekel aan die koepelruim met jou warm kyk strooi jy bosse geel magrietjies vol in blom en jou asem, jou asem laat my stom op gure reëndae knars jou hitte vir my die soutsee in die geurigste, lieflikste patee soos die anker van my […]
Skenk jy . . .
skenk, ja gee daagliks mildelik troos; mirre goud en diamant uit die skatkis van jou binnekant salf my met jou bekoring in koring se bronstige geel stuur jou reddende boodskap in rooi, helder soos die son sprei jou vlerke deur engellig heilig dan veersag die brakwater van ons onseker tye met die roer van jou […]
vleesloos
Saluut aan hom in wie die gees triomfeer, aan hóm wat nooit op sy liggaam roem nie – wie sy wese anker in gister se spore, sy môre visioen vér verby dié wat hom eer. Hy lewe met hart en siel, hoop sonder vrees of perke. Oorwinning medalje op sy bors, verlies kom tot krag […]
Engel langs my
Ek is nou vuisvoos huis-voos. Moeg gesoek na ‘n spreekwoordelike holte vir ons voet. Soos alle ouer mense is dit nodig dat ons afskaal en dit beteken natuurlik kleiner gaan. Ongelukkig kan Manlief en ek nie te klein gaan nie want ons moet steeds ons gestremde seun wat afhanklik is van ons versorg. Verder moet […]
Voorreg van vryheid
Bloeiseltjie bekroon slapies sag leer glo en lag pasgebore vry
Tussen reënboë en doringdraad
ek weet die lewe loop maar só (en meestal vind ek my) tussen engel en kalant sagte soene ‘n oorveeg tussen Edenstuin en Godsverlaat tussen reënboë en ‘n doringdraad © Carma Shaw
God se kind
Die mense het hulle kindertjies na Jesus toe gebring sodat Hy hulle kon aanraak. Die dissipels het gesien wat aangaan, en die mense voor stok gekry. Jesus het egter die kindertjies nadergeroep en gesê: “Laat die kindertjies toe om na My toe te kom, en moet hulle nie keer nie, want dit is sulke mense […]
Verlossing
ek sou vir my ‘n wolk bid voor die warm son ek sou ‘n donderwolk bid as ek dit net kon een met volop water in haar binnebuik een wat mildlik reën stort uit die oorloop van haar boeppenskruik ek sou vir my ‘n wind bid wat noordwes waai een wat nogal koud voel een […]
Agt maal genadig
Hemels – as die son opkom vlam ‘n amber vuur in gloed. Oopbek lag die lelieblom – ‘n nuwe dag kom groet. Te staar na wolkpatrone – wasig’ wonders wat deur ruimte swerf. Weswind ruk aan groenblaar krone, waai reënbeloftes oor my werf. © Carma Shaw 16 Maart 2017
Adderleystraat
(Nou loop jy so versigtig, Mamma en jy moet mooi kyk waar jy stap, maar laat rus jou hand sag op my arm – dan klim ons sáám die laaste trap.) Adderleystraat Ek wonder of die sypaadjies van Adderleystraat onthou – die klik-klak van jou hoëhakskoene verby die Stuttafordsgebou. En dra die ruite nog herinnerings […]