genoeg
klokkespel van golwe diep in gedagte gedolwe sweef seemeeu oor my duin my hart staan stil by gesiggies vrolike laggies vol verwagting vir wat nuwe skooljaar bring party gelapte broekies staan skaam en koes kyke na kaalvoete wat skoene nie ken wat ontbyt net ruik wat smag na geluk van ‘n veilige huis smag na […]
Die Kampioen
Die Atleet ‘n Nuwe leerling in die groot skool was nie sommer raakgesien en tog het hierdie vreemde kind spesiale aandag verdien. Lenig en lank was hy, ja eintlik bietjie maer, en aan sy groen skoolklere kon jy sien finansieel gaan dit maar swaar. Saggies word daar gefluister, gelag, selfs hier en daar gespot, en […]
Vergeet ou skooldae nooit as te nimmer
soggens vroeg onthou ek was dit ‘n geskarrel want skool toe moes ons stap en ma maak gereed met lekker kospakkies en pap vinnig sluk ons die pap, want die skool kan nie wag wonder altyd wat in ma se gemoed gaan wanneer ons daar uitstap want lief het sy ons gehad met ‘n stappie […]
Wiskunde Klas
Wiskunde Klas Ek sit in my gedagtes vas Dagdroom in die wiskunde klas Mense dwaal binne ʼn verbode woud Tyd loop en die wêreld word koud Eendag vat jy ʼn kans te veel En binnekort word jy beoordeel Ek voel my vriende is besig om te verdwyn Hul omgee vir ander begin wegkwyn Agter […]
Kategorie: TEKSTUELE REWOLUSIE
Kategorie: TEKSTUELE REWOLUSIE In antwoord op ‘n artikel met dieselfde titel van Susan Grobler*, waarin sy vermoed het dat die leestekens in Afrikaans gaan verdwyn, onder meer omdat die jeug al hoe vinniger en vlotter boodskappe wil oordra. Die internet (met SMS) skyn daarvoor bestem. — Hersien en uitgebrei. Die taal (enige taal) is nie […]
Sonderlike skepseltjies
I Jou mense-mond Wat skaterlag Jou oë sag Kyk jy vir my ‘n oomblik vry Van wieg en swaai Van gillende lawaai My hart en siel Gesink Hoekom moet jy Ander dae in jouself Verdrink II Kumbaja, my Liewe kind Die wêreld is blind Sonder stem Vingers vasgeklem Voete wat rem Elke klank ‘n Snyende […]
Besoek aan ‘n grafkelder
Wit is die lelies in jou tuin; ek staar verwilderd na die windharp wat sag op jou stoep wanklank soos die giftige wasbleek warmte wat jy eens om my wou walm. Selfs vrede skuil hier in donker skaduwees van tuinstoele wat lustig na mens wink. Ek klop weer aan die toe deur perfek pas alles […]
Kategorie: LEESTEKENS
Kategorie: LEESTEKENS Die (Latynse/Engelse) alfabet het nou maar 26 letters. Ander tale het ook besondere tekens. MY voorbeelde kom meestal uit Duits, maar iemand wat ander tale ken, weet dat menige ver óór dertig tekens/letters het. Hier praat ons slegs oor die tale wat die LATYNSE SKRIF gebruik.(Òf standaard (blok)skrif, òf kursief.) ※ So gesien, […]
KATEGORIE: Vorentoekyk – M-piep-RIN
KATEGORIE: Vorentoekyk – M-piep-RIN ‘n Briefskrywer in die Burger was ‘n tydjie gelede✽ hoog die em-piep-rin oor die beleid van ‘n britse organisasie wat toekennings vir suid-afrikaanse literatuur maak: Slegs werke in Engels sou daarvoor in aanspraak kom. Ek deel sy kokende gemoedsuitbreuk. As ons „na binne gaan”, as ons na ons innerlike stem luister, […]
Hart van ys
Op die breë bors van winter lê ek my kop nou saggies neer; ontasbaar ver en (toe)gesper – klappertand in ‘n kleed van kapok koud, stil – enkel in my eenvoud. Ek ken hierdie hart; die kil klop wat koenig gletsers teen berge kan afsuur net om respek te ontplek of dalk nuwe lewe uit […]