Drieankerbaai (Opdrag 1)
nooit weer die galsmaak van bitter bessies nie geen leë eggo’s van soetseer liefde nie ek het gedink ek ken die pyn van vreesloos, kaalvoet oor dubbeldorings loop in die spieëlskerwe van jou iris kon ek ook my hart sien breek hoe absoluut alleen en finaal was elke tree toe jy vir oulaas die grootpad […]
ken jou vyand
agter golwe stu stormwinde sterk op strand bulder en beef duineval wat lê agter jou vyandigheid vriend wat skuil agter jou beskuldigings vel waarom sien jy vyand tussen eie volk wat draal snags in jou sienersdrome waar sal ons hulp vandaan kom, Here as U ons nie reinig met U kosbare bloed ©Teárlach
Solo-kaberet
haar masker het geval; die vertoning het afgeloop latente lewenstrane loop liberaal oor haar wange haar solo sopraan stem het sy opgedra net aan hom haar masker het geval; die vertoning het afgeloop stil-stil blom goudgeel lelies oor die verhoog se planke voor die wit klawers van haar laaste decrescendo klanke haar masker het geval; […]
Woorde
Woorde woorde maal in my kop soos witwater branders soos gekleurde wasgoed wat bruis en spin tarentaalspikkel wat vonkel knetter en skree betekenisse wat kruiwawiele lankmoedig uitkerm sokkies waarin voete vinnige treë trap vierkantige woorde met ronde vokale wat soos arende sweef op draaiwinde van taal soms duidelik soms onverstaanbaar soms banaal partymaal as […]
kuikendief
hande grys en verrimpel kramp streel grillerig saggies rasper oor wangetjies ongeskonde wat skokkend bewerig kyk donker oë van wellus kyk ogies vol vrees waar is mammie waar pappie in wêreld van haat dink betyds doen iets ©Teárlach
“Anencephaly”.
Oor die aarde heen het die Heer gesoek na ’n tuiste om vir haar ’n plek te boek. Op julle woning het Hy sy oë laat rus en teen ’n voorkoppie haar sag gekus; saam met ’n engel het Hy haar gestuur bygestaan toe ’n moeder baringsnood verduur. Volmaak met handjies en voetjies soos enig […]
DIE EIE EK
DIE EIE EK Elkeen het ‘n eie ek ons sondes wat ons siel bedek maak dit ons almal so bitter sleg jou ego moet sommer dadelik vrek tree jy op soos die grootste gek nes ‘n dwaas wen die trotse eie ek in hierdie lewe met sy bitter verdiet voel dit soos ‘n geweer wat […]
Glasblind staar
Die son kom op, die son kom op! agter die berg, waar die nag nog swart glim, tussen die “klipskuinstes” van bo waar die klippe skuins lê. Wat is die vonkel in die nag? van nou, van môre! Ons drome, my drome … deur ruie bosland, barre woestynsand. Langs die vaal gruispad, onder krans en […]