Jongste aktiwiteit:

ken jy

ken jy die land waarin jy woon
herken jy dit nou dat die son opkom
gister was dit vredig en voorspoedig
vandag draai aasvoëls oor die land
hoe lank nog – sug treurendes
hoe lank nog – sug klippe
hoe lank nog – sê die wind
donker wolke storm aan
rook kollomme suil hoog
babelse verwarring heers
massas stry elkeen oor geloof
iewers verkondig haan dagbreek
kerk klokke lui hard en eentonig
predikante sug en glimlag gelyk
tannies en omies knyp brille vas
kinders kyk vervaard oor alles
onder in straat verstop riool
bloederige lewensverlies
oor alles blink skitterwit
ruiter op spierwit ros

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed