narsis (Silwer)
ek had alles vir jou veil maar jy het my hart slim gemaneuvreer dit lewend uit my getrek nou hou jy dit triomfantlik omhoog – soos ‘n trofee – waaruit my menswees lang-traan drup…
Koersvas
En toe word jy ‘n koersvaste maan wat ook soms wassend (vyftien minute) in kwartierfase gaan maar God sal jou help om jou mikpunt te vind mits jy Hom vertrou.
Sinlik belustig (goud)
Met haar drome nog styf teen sy hart vasgemeer het sy nardusolie aan sy voete kom smeer plaksels van sy siel het een-een afgedop gister se newels het om hul stof opgeskop sy asem het wild-warm in haar nek geblaas ‘n hele wye wêreld het in haar kop begin geraas helder in haar eensaamheid het […]
‘n Gelykenis van die mag van jou tong
‘n Gelykenis van DIE MAG VAN JOU TONG Vuurbestand my verstand teen uitlatings hitsig aan die brand Jou blêrkas raas nogsteeds my ore doof terwyl dit klankgetrou my van ‘n selfbeeld beroof daar was oorgenoeg mag in jou woorde skaamteloos duelleer jou akoorde Gewer van gewelddaad binne jou gloei daar hatig dade wat my welstand […]
Toe nie met oop oë gebore nie!
(Woordtelling 1304) Dit is darem verstommend dat selfs al het jy reeds oor die lewe se halflyn-strepie geglip, jy nog steeds onontginde talente kan ontdek. Mens sou tog dink dat jy teen hierdie tyd weet wie en wat jy is en waarin jy uitblink of nie. Aanvanklik het ek gedink April Fool’s Day het hierdie […]
Vir Sy splinternuwe Kind
Vir Sy splinternuwe Kind. In grys, op heuwel, deur newels verberg goedkoop sloop onkundiges die rykdomsberg heuwelhoog stroom hoop, reën feite in trane uit ‘n liggaam verskeur gedane vasgespyker aan groet en bloed hang Wonderbaar’smoed In klip en gruis – vergruis aan ‘n kruis skeur vleis as lewensspys swyg stig stik ruk sig traan-oë wat […]
NAAK GEDAGTES (goud)
Soms maak jy my sinne klaar wanneer my woorde met stoptekens begin veral op plekke waar my asem vaagweg agter gate uitloer buiteklanke my skuilplek raak selfs wanneer klewerige stiltes aan my spore klou terwyl ek toekyk hoe arende hoog bo my siel om en om in sirkels sweef ek weet ek raak soms weg […]
Ontkoppeling
ONTKOPPELING Oop en bloot onbeskaamd arrogant Gooi jy jou strikke argeloos roekeloos halsstarrig onophoudelik voor my voete neer glo jy in jou duister sinsbedrog dat jy my indien nie nou dan eendag tog noodlottig sal verwond Besef jy nie dat ek onaantasbaar is en vlekkeloos wit in lewe of in dood? Dat ek daagliks sonder […]
aweregse liefde (Silwer)
eens was ek vir jou dié een skielik is ek Vyand Nommer Een tog laat jy my nie gaan jy misken my nonchalant en ongeveins jou eens liefdevolle oë kyk nou kil, stoïsyns tog breek jy nie weg indien jy my eendag dalk sak en pak verlaat sal jy sekerlik verklaar “ek het jou liefgehaat”