Hartsbegeerte
Groot is die begeerte in hart wetende dat ek nie mag begeer maar hier diep binne in my woel dit erg want verslae lees en sien ek mense verbystering slaan in my gemoed vas verlore siele opeindig in ‘n gevange stryd weet nie meer waar hul inpas nie en gewonne gee aan die stryd van […]
winde van verandering
warrelwinde van verandering maak my ‘n vreemdeling woeste winde ruk aan my huis se dak verdraai my gees ek hoor hoe die jakkalse tjank die wilde honde snuffel by my deur vrees maak my dit wat ek nooit wou wees ek sien groot bome skeur en val waar daar lewe was is dood my reënboog-drome […]
Adelike siele
Jy was dom om na haar toe te kom in haar hart te kruip eeue lank te wag, g-e-d-u-l-d-i-g agter haar dofste eng spieël kadawers van dieselfde klawers narkoties in die walms van jul stiltes hou jy aan om haar siel uit ‘n skulp te mes met jou segende vingers liefkoos jy elke primadeeltjie van […]
Blind wees
Vroeg in die morestond met sonsopkoms en die laaste sien van die morester se verdwyning kom gedagtes by my op hoe ver het ons mens gedaal na vlakke in ‘n wereld van ons eie niksseggend kyk ons toe hoe lewens afgebreek word hoe ‘n land inmekaar tuimel ‘n volk uitgestoot word op sy geboorte grond […]
Verdoemlik verdwaal(d)
Waarheen het hierdie pad dan gelei dat sy nou voor die afgrond van nêrens staan en in die verte na niks voor haar staar. Daar was ‘n storm in hom waarin sy haar stiltes moes begrawe toegedraai in ‘n wit wolkombersie moes dit sink s-e-s voet diep. Daarom is haar lag leeg en haar lyf […]
Napeinsing
By ons ontmoeting het ek jou reeds só gevind, my hartslam (verdrietig en bebrose) toegesluit soos ‘n traak-my-niet-kokewiet nooit sou jy kon vlieg, my dierbare ding diep in my siel het jou hart oop geskiet. Ek het gesien hoe jy verdwyn met elke haatvlam van jou hart se aarselende narsitiese klop terwyl jou vlerke ontbind. […]
‘n Somer om te vergeet
Somereinde het hy kom groet. Skaars ‘n voet oor die stoep gebaan, half afsydig by die trap bly staan – langs die pilaar wat toe nog geel was. So, asof hy vreemd was aan daardie welbekende plek. Só asof hy van alles wou vergeet. En ek was te jonk om te weet – dit was […]
Vrede
Wanneer branders breek eb en vloed onder die maan ryg ek hul een een deur die poorte van my siel om rus en vrede te vind © 2017 Caren Kearley Kopiereg voorbehou
Vibrasies van stiltes
Tolbossies talm om my tong terwyl klankbane kolkend om my vibreer (in stiltes se stank) ademloos smag my wankende woorde na klank smekend kruip gedagtes orals binne my rond. Hier buite my hart is alles aan die brand (smeulend-smorend tot die heel laaste uur) tussen my yl-vlammende vuur en elke dag se bitterbessie dagbreek waak […]
Woordspatsels: Oom Moos
Oom Moos sit asvaal langs sy kombuistafel, op die enigste hout gestoelte. Hy sluk-sluk bitter aan sy koffie, wyl vervloe skadu’s nader kruip. Sy eelterige hande wriemel en hy is steeds teenstribbelrig om tussen die lyne te lees. Hy kon nooit die toekoms daarin voorspel nie en was hy in sy eie wese verstrengel tussen […]