Om te vlieg
Nou dat jou beeld in my maan skyn (straal-blink oor die wye oseaan) kan ek my vlerke sprei om die donker aan te durf want die soet van jou vingerpunte hang aan elke glansende golf. Ja, nou dat verdwaal my ontkwaal kan ek waag om vry te vlieg – Venus te omsirkel met my mooiste […]
Fases
Augustus se nagblom hang vol in die lug oor sy wang rol ‘n saffraan traan tussen my en hom is daar geen brug; drie maal kraai ‘n hoenderhaan; ñ ek en jy krummel tot stof. © Caren Kearley Kopiereg Voorbehou
‘n Ons is geen pond
Na alles wat gebeur het wonder ek nou in my waan, waar presies ek met jou staan; jý, vol in jou sekelmaan, sou my nooit kon verstaan enkel in my eenvoud (kompleks in jou duet) soos gister se son sonder ‘n baan wentel jy rond sonder bestaan duister belig of laag gelig terwyl jy dryf […]
My Eiland
Diep binne my lê ‘n klein eiland van klei hier stof tyd my altoos af hou ek my soms so bietjie laf glip oor die rand van jou swaar vrag. Diep binne my versoen ek myself met die ware jy dans ons in ‘n draaikolk vol drome loop ons ook saam deur storm sterk strome. […]
JEUGVERHALE: Op SA Skrywers;
JEUGVERHALE: Op SA Skrywers; Skryf ‘n storie geskik vir: 6-13 jariges: ongeveer 800 woorde of minder Merk duidelik JEUG 3-6 jariges, en stuur vir my by elsabedebeer8@gmail.com voor 31 Oktober
‘n Somer om te vergeet
Was dit die blou van die see, was dit die geel van die son – daardie één seisoen was sy lief vir hom. * Somereinde het hy kom groet. Skaars ‘n voet oor die rooi stoep gebaan, half afsydig by die trap bly staan langs die room pilaar. So, asof hy vreemd was aan daardie […]
Inkubus
The thermometer of success is merely the jealousy of the malcontents – Salvador Dali Sy moes haarself ook ontvorm; vasgevang in die vlaktes van vergetelheid (in ‘n rustelose misnoegde droom) moes sy met swaar voete wat stadig slapend sleep- soos een wat met dooie vlerke probeer vlieg treetjie-vir-treetjie vorentoe stoei; om haar oogkorrels oor die […]
Tussen seisoene
Terwyl ek die son se strale deur my hare trek, treetjie-vir-treetjie deur die somers van my lewe stap staar ek verdoold na dié vergete plek; sy soene het my indertyd reeds ontsnap. Winter het barbaars en hard geskop met kil krete wat kleefkoggel soms wou ek die vlaktes in galop, maar die kosmos het geril […]
Bitter verlede
Pynsend asof daar geen toekoms meer is nie Staar sy oop oe , roerloos in die skemernag in. Net gister, het hy uit my lewe gestap Kan liefde , na alles, saamwees,ons wees, so gou kwyn? My liggaam, my, my…was nie genoeg vir hom Dalk…het hy versadig geword van omhelsing, wat toe net n klug […]
GISTER
Peinsend, asof dit net n nare droom was Dink hy aan gister, wat reeds veby is Die gebeure van gister, was tog net n groot las Reeds vaag, soos n styl heuwel bedek met oggend mis. Dan! sy het dan gese , sy het hom lief!! Maar tog-sy was so onseker? Twyfel, soos n neet […]