Bitterbessie beloftes
Bitterbessie grys beloftes in ’n laning in ’n ry word gepluk, gestroop onge-orden gestapel op vuurwa van hoop Onnet – onbeplan in grys sakke verseël om aan oorversadig emosievolle mark wild en wakker voetstoots uit te deel Sou jy dan besluit om dit spotgoedkoop in ontvangs te neem weet maar vir ‘n feit jou totale […]
Flenter-woorde …
flenter-woorde vlieg verward in die duister rond brok-hart-stukke val verlate eensaam op die grond seerkry-sinne spoel versmorend deur my troebel hart yskou’ trane drup en tuimel oor my siel se smart
Jy was die redder van my …
Ek wou nie maar ek het weer oor jou ’n gedig geskryf maar ek gaan dit net halfhartig hier noem. Jy was vieslik en onredelik ek het genadiglik myself hieruit gered. (2016/02/18 @ Anria)
In ‘n hartseer land
In ‘n land van melk en heuning doof klank van Magtige dreuning daar om pot van putupap en wors vrek ‘n nasie van honger en dors In ‘n land van snuifgom en tik ontbreek dissipline – ouers verstik langs die lieflik sprankel fonteine borrel suurwater – afval deur myne In ‘n land van osstert potjiekos […]
Ek skryf vir jou (1) …
môre is weer Valentynsdag en alles word in rooi getooi maar in my hart het die lewe ‘n emmer swart verf kom gooi want jy is nie by my nie en ek moet alleen voor Kupid staan en wat weet hy nou eintlik van hierdie gevoel sonder naam want ons kan nie saam wees nie […]
Ek mis jou (net soms)
My duim het die gewoonte om oor my ringvinger te streel onder aan die binnekant van my hand en my hart het die gewoonte om dan soms verras verbaas uitgeboul half hartseer te voel omdat dit nou kaal is … soms soos vandag jare later. © Anria (2016/02/03)
Jou naam word geskryf
Ek skryf jou naam tussen spoelklip en sand hoog teen die berg se skurwe wand daar waar see weerkaats op die strand trek ek dit krom met ‘n sirkel daarom Ek krap dit rof teen ‘n soetdoringbas waar reën dit nimmer af kan was verf dit op lap met ‘n horingou kwas repeteer dit dan […]
Dwaas op dwaas
Dom dwase is volop dis in hul spel en praat maar die dwaas van my gedig is van ’n ander aard. Engels is soms beter dit weet ons goed want die fool van liefde se pil is bitter soet. Dis nie liefde wat seermaak nie sê die slim mense gereeld dalk word mense net deesdae […]
Tolbos gedagtes
Krom kartelend op kontoer van snikhete stil woestyn huiwer haar enkel voetspore neffens verbleikte halfmens ook stadig hier aan’ t kwyn Maar ver op die horison wink ‘n spieëlblink oase laat haar tolbosgedagtes lui, huiwerend op hittegolf tornadodraai in ekstase Gister se dryfsand spore deur rukwind toegewaai want geen siel is verlore as sy Skepper […]
traantjies
selfs die see se sagte kus kan nie jou traantjies heeltemal uitvee jy arme verstote misbruikte kind uitwerpsel van ouer-barbarisme wat het jy gedoen om dit te verdien verminkte liggaampie in opdrifsels opdrifsels van die mens se bestaan watter reg het sulke ouers tot lewe watter reg het sulke barbare op tyd om kindertjies te […]