Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 3
Hoofstuk 3 – Hoe Vryheid Voel Die weersien, die vashou, die trane van liefde van hulle wat haar en Rudolph so liefgehad het, is so ver weg van wat Zuluika ken, sy weet, hier is mense wat haar so lief soos hulle eie kind het, altyd gehad het, en ʼn ou hartseer krap aan haar. […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 2
Hoofstuk 2 – Hoe Vreemd die Oopte Hulle ry in stilte na die Unitas Hospitaal, Zuluika voel die opgewondenheid in haar om Laurie Kilber te sien, en die liefde vir haar ‘suster’, wat sy gevoel het, van die oomblik toe sy haar ʼn leeftyd gelede op Louis Olivier se plaas ontmoet het, is in haar. […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 1
Hoofstuk 1 – Uit die Engte Dit is sestien Desember 2015, wanneer Zuluika Zuess wag vir die oopswaai van die deure van die ou ‘Pretoria Sentrale Gevangenis’, nou genaamd, ‘Kgosi Mampuru II Korrektiewe Sentrum’. Die woorde van die vele gesprekke oor die laaste weke met die Superintendent maal in haar gedagtes, ‘Net jy kan jou […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 11
Hoofstuk 11 — Van Gister na Vandag Dit is die agtiende Desember, agtuur in die oggend as Laurie deurstap na die paspoort beheer by Oliver Tambo Lughawe. Met die instap in die saal is die beampte by haar — “Dokter Kilber volg my asseblief, ek gaan u bystaan deur die proses.” Hy neem haar aan […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 10
Hoofstuk 10 — So Diep die Pyn Matthew voel hoe teleurstelling oor hom spoel, twee ure na die onderhoud afgehandel is en Laurie het nie gebel nie — Ag Here asseblief help my. “Wanneer kom mamma, pappa?” kom dit van Christopher. “Weet nie seun, ek weet nie.” Een gedagte gaan deur Matthew se gedagtes — […]
Ek het hemel gekies
Jy het my hemel gewys maar ek het hel gekies: op my eie gebrekkige manier het ek probeer deal met die lewe. Sò het ek bestaan maar nie geleef nie opgestaan maar bly lê gepraat maar niks gesê nie. Jy het my hel gewys en ek het hemel gekies.
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 9
Hoofstuk 9 — Van Aangesig tot Aangesig So ontroosbaar as wat Laurie die ure na Matthew se oproep was, so sterk is sy as sy deur die doeane op Heathrow beweeg. Niks, maar niks sal haar keer nie, dit weet sy, nie eers die stadige proses of die land se koue nie. Die waarheid moet […]
Teleurstelling (Silwer)
Ek stap die pad sleepvoet swaar want die huppel in my wandel het teen versetberg verstar. Waar eens sonskyn en vreugde was lê nou slegs ‘n paar korrels as. ©Driekie Grobler
Skenk
die fees is dik as mae warm vol is velle in wol verwoel is die oes is ongevra oorgedra dit is wragtig skenk op die werkrant staan ń swaar dorsmasjien die oes nou vinke kos eie huis en haard in ń kaal leegte onbesone is gee oeste verlore vir geër skuldige ontvangers vreet dun verspreid […]
Hunkering
In elke vrou lê daar diep ‘n hunkering wat nie gevul is soos sy verwag het nie stil het sy geword in haar stil tevredenheid terwyl sy ‘n diepe teleurstelling iewers berg blomme sien sy meskien raak maar was dit haar nooit gegun het dit haar meskien nooit vermaak wonder sy waar het alles dan […]